Dit was ‘n groot dag van vieringe by die Norienes Kleuterskool op Maandag, 14 Februarie. Dit was nie net Valentynsdag nie, maar ook die viering van hul tiende bestaansjaar.
Die skool se jong leerders, onderwysers, die bestuur van hul susterskool Laerskool Krugersdorp-Noord, en skoolbeheerliggaamlede het die geleentheid gevier met ‘n opvoering deur die leerders en die skool se gelukbringer Arri.

Daarna het die leerders aan ‘n kleurwedloop deelgeneem en elkeen kon ‘n paar hande vol kleurpoeier in die lug of na mekaar en hul juffroue gooi.
Die skool is in 2012 oorkant Noordskool in Krugersdorp-Noord gevestig met net drie klaskamers vir drie- tot sesjariges. In 2017 het hulle nog vier klaskamers gebou en ‘n babasentrum geopen. In 2020 is nog twee klasse bygevoeg en vandag het die skool 13 klaskamers.

Norienes-hoof Estie Ellis het op die dag gesĂȘ, “Ons is nie net ‘n skool nie maar ‘n verlengstuk van die huis, en hier kry ons kuikens die geleentheid om te speel, te groei en te leer deur puik fasiliteite en gekwalifiseerde, passievolle personeel. Dis ook te danke aan ons belangrike rolspelers, die beheerliggaam en die trustees dat ons vandag hier is. Ons sien uit na die hoogtes wat Norienes oor die volgende tien jaar gaan bereik. Ons vlieg hoog en ons droom groot, en saam bou ons aan ‘n kleurvolle toekoms vir elke kuiken!”



