Caxton-redakteur wil ‘n groot verskil maak in diere se lewens
Die redakteur van een van die News se susterkoerante asook 'n inwoner van Krugersdorp wil vir haar verjaarsdagmaand twee organisasies help wat haar baie na aan die hart lê.
Die redakteur van een van die News se susterkoerante asook ‘n inwoner van Krugersdorp wil vir haar verjaarsdagmaand twee organisasies help wat haar baie na aan die hart lê.
Roodepoort Record- en Roodepoort Northsider-redakteur, Adele Bloem wil hierdie Februarie die Roodepoort/ Krugersdorp DBV en The Cradle of Hope NPC South Africa help.
Sy vra dat die gemeenskap hul harte oopmaak en saam met haar kos en geld skenk sodat albei organisasies ook ‘n geseënde maand kan hê.
“Ek het besluit om dit te doen om te probeer teruggee aan die gemeenskap. Die kinders by die kleuterskool eet elke Maandag drie bakkies pap omdat hulle oor die naweek nie kos het nie. Ek het net besluit dit is genoeg en iets moet gedoen word.”
Honde- en katkos is tans in aanvraag by die DBV, en as enigiemand wil help met skenkings vir die DBV kan dit by Caxton Wes-Rrand se gebou op die hoek van Generaal Pienaarlaan en Hamstraat aflaai.
Adele beoog om dit op Saterdag, 5 Maart by die Roodepoort/ Krugersdorp DBV te gaan aflaai.
Diegene wat Cradle of Hope se kleuterskool, Tjokkertjies vir Jesus wil help kan na die volgende skakels kyk:
https://www.facebook.com/TheCradleofHope/posts/4884855908193529
https://www.facebook.com/TheCradleofHope/posts/5137351879610596
https://thecradleofhope.org/
Sy het vertel dat die Tjokkertjies vir Jesus-projek ook ‘n BackaBuddy-skakel het:
“Al wat ek vra is dat jy, as jy kan, een of twee blikkies kos vir die DBV koop, of die Cradle of Hope-projek ondersteun. Kom ons kyk of ons hul nood so ‘n bietjie kan verlig.”
