Local newsNews

BRIEF: Ons bedank talle vir bystand met skoonpa se fight teen kanker

'Vir elke persoon wat ons deur die loop van my skoonpa se siekbed en na sy dood bygestaan het sê ons dankie' – Foxcroft- en Potgieter-families.

• Die Foxcroft- en Potgieter-families skryf:

As iemand na aan jou sterf as gevolg van ‘n ongeluk is dit skielik, seer en ons het vrae. As iemand afsterwe as gevolg van siekte soos kanker is dit iets waarvoor mens jou regmaak, maar glo my, dit slaan jou steeds grond toe.

Dit is presies wat ons moes deurgaan. My skoonma is twee jaar gelede oorlede as gevolg van kanker en ons het haar sien baklei tot die einde. Maar sy het gekies om saam met die Here daardie pad te stap en nie met mediese hulp nie. Hier is ons twee jaar later en ons het dieselfse pad gestap met my skoonpa. Hy het sy ewige rusplek betree op 8 Februarie 2022, na wat gevoel het soos ‘n leeftyd se fight.

Lees ook: Geliefde bejaarde oorlede op 91

Hiermee wil ons graag die volgende bedankings doen:

Ons Hemelse Vader vir die tyd wat ons gehad het om Tolla Foxcroft in ons lewe te hê. Vir die lesse en die diep spore wat hy gelos het, sê ons dankie.

Pastoor Jakes Joubert, wat altyd bereidwillig is om tyd af te staan aan sy medemens, vir gebed of net koffie. Dankie ook vir die besonderse diens en bystand.

Netcare Krugersdorp for all the great care our father received in his last days. I want to single out Medical ICU; not only for your compassion and caring nature towards our father but also towards us. You made his birthday special with the glove balloons, which took us aback a bit, standing by our side till his last breath. We truly were blessed with the hands that treated him daily.

Dr Khan and Dr Michaelis, thank you for your continuous care for and assistance with our father. You always did more than what was expected and were open and honest but also caring towards us. Thank you so much for your compassion.

Grobbelaars Seraphim-begrafnisdienste vir al jul hulp deur ons routyd. Julle het ons altyd met vertroosting en compassion behandel. Ons self touwys gemaak. Vir na-ure se pla waaroor julle nie omgegee het nie. Baie dankie.

Celest van Dragonfly Florist vir die pragtige blomme. Ons het jou by die diepkant ingegooi, en weer het jy ons verbaas. Baie dankie ook dat jy buite-die-boksidees waar maak.

Vir elke persoon wat ons deur die loop van my skoonpa se siekbed en na sy dood bygestaan het sê ons dankie. Vir elke oproep, gebed en net inloer. Vir al die bystand van familie en vriende, ons is opreg dankbaar en werklik geseën met sulke mense in ons lewens.

Jou kers is geblus, maar jou lig sal voortskyn. Rus in vrede Tollatjie.

Liefde.

Jou kinders – Johnny en Chantell Foxcroft asook Landie en Gert Potgieter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button