Local newsNews

Op haar pos as nuwe News-verkoopskonsultant

Nuwe News-verkoopskonsultant Chantelle van Wyk het vir die eerste keer gevoel sy pas by 'n werkplek in nadat sy aan Caxton se deur geklop en ons vir haar oopgemaak het ...

Sy ry ‘n bakkie, weet van boerdery en kom van ‘n plattelandse dorp af maar van verkope kan jy haar niks vertel nie.

Caxton Local Media het onlangs vir Chantelle van Wyk as ‘n lid van die Krugersdorp News-familie verwelkom. Die 25-jarige van Culemborgpark, Randfontein het amptelik op 14 Maart vanjaar as verkoopskonsultant diens aanvaar en wil graag besighede in Krugersdorp help groei.

“As ek dit kan regkry het ek my doel bereik,” het sy gesê en bygevoeg, “Ek het nog baie om te leer maar ek wil ‘n pad stap met mense en besighede in die dorp. Ek is nie bang vir ‘n uitdaging nie en gryp enige geleentheid met albei hande aan. Daarom is ek werklik dankbaar teenoor Caxton vir die geleentheid om deel van hul span te wees.”

Alhoewel die pandemie besighede laat swaar trek het, glo Chantelle vas dat mense en besighede nou meer as ooit tevore mekaar moet ondersteun.

Besighede moet mekaar bystaan en hulp aanvaar om mense bewus te maak van wat hulle alles bied. Caxton se koerante is ideaal daarvoor – niemand anders kan dit doen soos ons nie.”

Meer oor Chantelle:

• Sy’s ‘n passievolle fotograaf en neem graag foto’s by troues, van familie en selfs sportbyeenkomste.
• Sy het in 2015 by Hoërskool Jan Viljoen gematrikuleer en daarna in Potch gaan swot.
• Sy het ‘n graad in Sielkunde en Toerisme.
• Sy het selfs haar eie klerebesigheid (spesifiek vir vroue) begin en doen dit deeltyds.
• Sy kan sing, hou van kamp, bootry en om avontuurlustig te wees.
• Haar ervaring met verkope het sy onder andere in die drukkersbedryf opgedoen, en was ook al ‘n vleisverkoopskonsultant vir haar man Awie, wat met hoenders boer.

Kontak gerus vir Chantelle by 063 288 0876 of per e pos na chantelle@caxton.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button