Local newsNews

Nuwe Mr Krugersdorp 2021 stel homself voor

"My motto in die lewe is 'your background does not determine your future. You will face many defeats in life, but never let yourself be defeated'."

Ruan Sinden het onlangs gewys dat aanhouer wen toe hy na twee probeerslae uiteindelik die titel van Mr Krugersdorp 2021 syne kon maak.

Die 21-jarige is ook as Mr Photogenic aangewys, hy het die beste op die loopplank gevaar, en hy en Mr Westrand, Liam van Vuuren het ewe goeie Quaranteas aangebied.

Lees ook: Krugersdorp/ Randfontein Pageants 2021: The list of winners

Hy het vertel dat hy yskoud geword het voor hulle die wenner aangekondig het, en hoe onwerklik dit gevoel het toe dit uiteindelik sy naam was wat uitgelees is.

As finalis vir die kompetisie het Ruan by verskeie liefdadigheidsorganisasies betrokke geraak. Hy het onder meer vir Amandéri Charity Assist oor die Kerstyd gehelp, en selfs hand bygesit om die Bob van Reenen Stadion sy onlangse gedaanteverwisseling te laat ondergaan.

Dit was een van die projekte wat ‘n ongelooflike impak op my gehad het,” het hy gesê.

Ruan is tydens die vorige jaar se kompetisie as die eerste prins aangewys en het vertel dat hierdie jaar wel makliker was omdat hy al die pad gestap het.

“Maar ek moet sê daar was ook dae wat moeilik was – al die deelnemers was sterk genoeg om die titel te kon wen,” het hy bygevoeg.

Dit het ook gehelp dat sy vriend Liam deelgeneem het en daar was om hom te ondersteun. “Ek moet bieg, dit het my baie gehelp. Hy het my bygestaan en als saam met my aangepak. Wanneer ek gevoel het dinge raak te veel en dat ek nie meer kon nie, was hy daar vir my.”

                                                             Ruan Sinden op die loopplank. Foto: Jaco Bothma.

Al het hy soms aan homself getwyfel het hy tog baie van homself geleer.

Ek het geleer dat mens nooit moet opgee nie. Daar kom soveel dinge oor jou pad. Maar wanneer jy val en jy staan op dan kan jy aanhou, en aanhouer wen.”

Ruan is klaar hard aan die werk aan nuwe projekte en is ook aangewys as ‘n Arms of Mercy-ambassadeur. Op 2 April het hy saam met Liam en nog ‘n wenner ‘n selfverdedigingsklas aangebied om geld in te samel vir #Girlstuff.

Hy wil dié jaar seuns wat deur moeilike tye gaan ondersteun en inspireer omdat hulle die hoop vir die toekoms is.

“My motto in die lewe is ‘your background does not determine your future. You will face many defeats in life, but never let yourself be defeated’.”

Daar wag groot dinge vir dié titelhouer wat daaraan dink om volgende jaar aan die Meneer Afrika-kompetisie deel te neem.

“Ek wil graag net dankie sê aan almal wat my ondersteun het. Ek sien baie uit na my jaar as titelhouer, en sonder daardie ondersteuning sou dit nie moontlik gewees het nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button