Local newsNews

‘n Partytjie saam met die paashaas

Die kinders van Burgershoop het onlangs 'n pretdag saam met die paashaas gehad danksy die Deo Gloria Huis.

Die kinders van Burgershoop het onlangs Paasfees op ‘n lekker manier gevier toe die Deo Gloria Huis vir hulle ‘n modeparade en partytjie saam met die paashaas aangebied het.

Maud Breedt van Deo Gloria Huis was aan die stuur van hierdie lekker paaspartytjie wat hulle op 14 April vir 50 kinders van die omgewing gehou het.

Die dag het na skool afgeskop met ‘n lekker bord hoenderpasta, ‘n yskoue koeldrank en ‘n kolwyntjie. Daarna het die kinders almal deelgeneem aan die Meneer en Mejuffrou Deo Gloria-kompetisie.

Die kinders het een vir een op die ‘loopplank’ verskyn terwyl die twee beoordelaars, Steve Craucamp van Deo Gloria Huis en Hester Broderick hul wenners met sorg gekies het.

Marone Barnard lyk soos ‘n feëprinses. Foto: Natasha Pretorius.

Die seunswenners was Jayden Henning in die eerste plek, Frans van Dyk in die tweede plek en Wessel Ebersohn in die derde plek. By die dogters het Amone en Amore Mitchell die eerste en tweede plekke beklee, en Dori Barnard was derde. Die eerste, tweede en derde plekke het elkeen ‘n speelgoedpakkie gekry terwyl die wenners elkeen ook ‘n skouergordel en kroon gekry het.

Die dag is afgesluit met die paashaas (Zandré Lamprecht) wat vir elke kind ‘n bordjie met tuisgemaakte lekkers en ‘n handgemaakte sakkie gevul met lekkernye uitgedeel het.

Amone en Amore Mitchell eet hul kolwyntjies.

Deo Gloria Huis probeer om elke Vrydag vir die inwoners ‘n bord warm kos uit te deel en het die gemeenskap se hulp nodig om vir hul gemeenskap te bly sorg.

Maud bedank graag vir Winnie Kruger en Richard Panos vir hul bydraes om die partytjie so ‘n sukses te maak. Indien jy wil bydra kan jy hulle kontak by deogloriahouse2@gmail.com.

Frans van Dyk wys sy spiere.
Megan Henning is gemaak vir die loopplank.
Nike Barnard is ‘n bietjie skaam.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button