Local newsNews

‘Ons gemeenskap help ons, daarom help ons dié in KZN’

'n Inwoner van Randfontein en haar werkplek wil 'n verskil maak in die vloedgeteisterde KwaZulu-Natal.

‘n Inwoner van Randfontein en haar werkplek in Krugersdorp-Wes wil ‘n verskil maak in die lewens van die mense wat skade gely het weens die onlangse natuurramp in KwaZulu-Natal.

Inwoners van die West Rand Association for Persons with Disabilities het in hul kaste ingevaar en sakke volgemaak met klere en ander items vir die mense in KZN wat dit die nodigste het.

Elisma Claassen, organiseerder van die projek en bestuurder van die maatskaplike werker-afdeling by die organisasie het vertel dat hulle vanjaar hul 75ste bestaansjaar vier en besluit het dat een van hul projekte gaan wees om die rampslagoffers van KZN te ondersteun.

Ons leer die mense wat hier woon dat hulle so baie geseën word deur die gemeenskap wat ons so mooi ondersteun, en dit het die inwoners laat besluit om die gemeenskap in KwaZulu-Natal te help.”

Sy het vertel dat al 32 inwoners saam onder andere wintertruie, komberse, serpe, hemde, broeke en sweetpakke geskenk het.

“Die inwoners is diep geraak deur wat in KZN gebeur het en wil ook help,” het Elisma vertel.

Andrico van Aarde, Kervin de Bruyn en Elisma Claassen met sommige van die items wat hulle skenk. Foto: Michelle Roodt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button