Local newsNews

‘n Kroon vol diamante en ‘n hart van goud

Melissa Noortman, Miss Krugersdorp 2021 het oor die Paasnaweek haar hart oopgemaak vir die bejaardes in ons gemeenskap asook die brandweerpersoneel wat so hard werk.

Melissa Noortman, Miss Krugersdorp 2021 het oor die Paasnaweek haar hart oopgemaak vir die bejaardes in ons gemeenskap asook die brandweerpersoneel wat so hard werk.

Melissa het op Saterdag, 17 April paaseiers, koeldranke en koekies by die Krugersdorp Brandweer, asook by Residentia Moria gaan uitdeel. Sy het die brandweer gekies omdat hulle so baie doen om die gemeenskap veilig te hou, en sy wou vir hulle wys dat die gemeenskap hulle waardeer.

Moria het so deel van my geword sedert ek verlede jaar as ‘n finalis daar begin het. Die oumas en oupas ken my al so goed. Ek sal elke keer my liefde en aandag vir hulle gaan gee.”

Sy het vertel dat sy vir die brandweerpersoneel wat daardie dag op diens was wou wys dat sy omgee, en dat van die bejaardes nie uit hul kamers kan gaan nie, daarom het sy besluit om Paasfees na hulle toe te neem.

“En iets lekker om te eet so nou en dan is net ‘n lekker bederfie.”

Lees ook: Melissa maak haar hart oop vir DBV

Vir haar gaan Paasfees nie net oor paaseiers nie maar oor Jesus wat opgestaan het.

Melissa Noortman saam met die brandweerpersoneel. Foto ingestuur.

“Paasfees is om saam met familie kerk toe te gaan en te vier dat Liewe Jesus opgestaan het; ook om saam met vriende te wees; om net gelukkig te wees, en liefde en vreugde te hê.”

Melissa het vertel dat dit spesiaal was om almal te sien glimlag.

Die een tannie het vir my gesê ek is haar engel van bo, en die ander tannie het gevra of die diamante in my kroon eg was, want dan was ek skatryk. Dit was so oulik.”

Wat is volgende vir die skoonheid met die groot hart? Sy het vertel dat sy reeds haar volgende projek beplan, maar dié keer wil sy by die gemeenskap hoor waar daar dringend hulp nodig is. Sy wil graag betrokke raak en die publiek kan vir haar ‘n epos stuur na melissamisskrugersdorp2021@yahoo.com.

Melissa het vertel dat dit spesiaal was om almal te sien glimlag. Foto ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button