Local newsNews

Trou is nie uit die mode vir dié twee nie

Jong paartjie bewys dat trou nie uit die mode is nie en dat dit 'n ernstige saak is vir jongmense.

Krugersdorp — Dit lyk asof trou, veral onder die jonger generasie, uit die mode raak.

 ALSO READ: Police, govt and community strengthen bonds in Magalies

‘n Jong paartjie, Marize, 23, en Corne Pauley, 26, wil juis bewys dat dit nie die geval is nie en dat die konsep van trou nog vir talle jongmense ‘n saak van erns is.

Marize en Corne het die daad by die woord gevoeg en is op Sondag, 1 Mei in Pretoria getroud. Hulle het vir die News vertel dat hulle trots is om hul mooi oomblik en liefdesverhaal met die res van die dorp te deel.

Marize is die hoof van die Playschool Academy in Krugersdorp, en Corne is ‘n dataverwerker. Hulle woon in Helderkruin, Roodepoort.

Gevra hoekom hulle getrou het, was hulle dit eens. “Ons is sielsgenote, beste vriende en vul mekaar aan.”

ALSO READ: Cops, community strengthen bond in Magalies with gripping awareness campaign

Marize is ook ‘n gekwalifiseerde haarkapper en het begin werk waar Corne sy prakties gedoen het om ook as ‘n haarkapper te kwalifiseer.

“Daar was dadelik ‘n konneksie,” het Marize gesê.

Hul boodskap aan ander jong paartjies wat op trou staan of dalk huiwerig is om die groot stap te neem is, “Kommunikasie is die belangrikste bron in elke verhouding. Bou stadig en bemoedig mekaar. Vir ons is die geheim tot ‘n gesonde huwelik verwondering, blydskap, vrede, verantwoordelikheid, nederigheid en onvoorwaardelike liefde.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button