NewsSchools

Al die regte skuiwe

Talle skole insluitend Laerskool Muldersdrif en Laerskool Krugersdorp-Noord het onlangs by Laerskool Randfontein bymekaargekom vir die Super Reeks Skaaktoernooi.

Talle skole se skaakspelers het op Vrydag, 6 Mei by Laerskool Randfontein bymekaargekom vir die Super Reeks Skaaktoernooi.

Die betrokke skole is Laerskool Louw Geldenhuys, Laerskool Brentwoodpark, Laerskool Dalmondeor, Laerskool Vryheidsmonument, Laerskool Muldersdrif, Laerskool Krugersdorp-Noord, Laerskool Horison, Laerskool Jan van Riebeeck en Laerskool Randfontein.

Die organiseerder van die toernooi, Magda Graaff het verduidelik dat hul skool deel is van die Super Reeks-groep wat aan atletiek, rugby, redenaars, koor en skaak deelneem.

“Dit is ‘n groep skole wat aan verskillende aktiwiteite deelneem. Vandag kom skaak aan die beurt,” het sy gesê.

Die idee van hierdie toernooi is om leerders oefening te gee voor die liga begin.

Magda het verduidelik dat die dag baie goed verloop het.

“Die kinders geniet dit want ons kon vir twee jaar nie die Super Reeks aanbied nie. Hulle is baie opgewonde.”

Johandré Coetzee maak sy skuif. Foto: Michelle Roodt.
Christiaan Nolan in aksie tydens die toernooi. Foto: Michelle Roodt.
Tshire Kalamashe konsentreer hard op die spel. Foto: Michelle Roodt.
Heinrich Obermeyer fokus op die spel. Foto: Michelle Roodt.
Kiara Smyth maak ‘n skuif. Foto: Michelle Roodt.
Louis van der Heever fokus op sy spel. Foto: Michelle Roodt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button