NewsSchools

‘n Spesiale Hemelvaartdag saam met Noordskool

Al die leerders en onderwysers het op die pawiljoene geluister na die mooi boodskap wat dominee Jorina Redelinghuys van die NG Krugersdorp-Noord gemeente gebring het.

Die leerders van Krugersdorp-Noord het in die verlede elke jaar op Hemelvaartdag kerk toe gestap, maar hierdie jaar kon hulle nie. Daarom het hulle hul Hemelvaartdiens op ‘n spesiale manier by die skool gehou.

Op Donderdag, 26 Mei het al die leerders en onderwysers op die pawiljoene geluister na die mooi boodskap wat dominee Jorina Redelinghuys van die NG Krugersdorp-Noord gemeente gebring het. Sy het twee pienk balonne saamgebring en vir die kinders vertel hoekom Jesus moes Hemel toe gaan.

Ross de Bruyn en Amoré Mouton maak die hok oop om die duiwe los te laat.

Sy het verduidelik dat net soos die balonne wat opstyg wanneer jy hulle laat gaan, het Jesus ook Hemel toe gegaan om vir elkeen van hulle ‘n spesiale plek te gaan regmaak. Maar namate die ballon se helium minder word, kom dit weer terug aarde toe. So sal Jesus ook eendag terugkom om hulle te kom haal.

Daarna het die hele skool saam ‘n lied gesing waaraan hulle die hele week geoefen het. Toe het die KISS-dansgroep opgetree.

Zelné Jonker dans op Hemelvaartdag.

Die dag is afgesluit met twee verteenwoordigers van elke graad, asook die skoolhoof wat twee wit duiwe losgelaat het.

Dit was beslis ‘n baie spesiale Hemelvaartdag.

Keagan Swart en Caylee Jonker laat twee duiwe los.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button