Local newsNews

Kennies hou ‘n fees duisend

Meer as 6 000 mense het deur die loop van die dag die Kennie Fees bygewoon.

Laerskool Kenmare het op Saterdag, 11 Junie hul jaarlikse Kennie Fees aangebied en ‘n ieder en ‘n elk sal saamstem dat dit weereens ‘n fees in die ware sin van die woord was.

Die hekke is reeds omstreeks 10:00 vir die publiek oopgegooi en daar was gou bykans nie plek vir ‘n muis rondom die verhoog op die sportveld nie. Feesgangers is getrakteer met ‘n wye verskeidenheid lekkernye en kon by talle stalletjies rondsnuffel waar van byderwetse vellies tot henna-tatoes gesmous is. Maar die witwarm kunstenaars was die groot trekpleister. Germandt Geldenhuys, Lee Scott, Brendan Peyper en Demi Lee het die hande laat klap en die voete laat wikkel.

Leah Jerling.

“Meer as 6 000 mense het dié suksesvolle fees bygewoon. Veral vir die inwoners was dit heerlik om weer ‘n bietjie saam te kom en lekker te kuier na Covid,” het Peter du Toit, die skool se woordvoerder na afloop van die fees gesê.

‘n Stewige bedrag is ingesamel wat weer aangewend sal word vir verskeie welsynsprojekte wat onder meer ‘n voedingskema insluit,” het Peter gesê.

Christine en Junior Pretorius.
Janene Prins en Elize van der Westhuizen.
Anja Jacobs.
Minette Maritz.
Jessica Lines en Kirtsy Frylinck.
Wicus Moller.
Lize van der Schyff.
Sanger Lee Scott vermaak die gehoor.
Deon de Jager geniet die dag met ‘n yskoue bier en sosatie in die hand.
Michael van der Westhuizen en Gary Dwarte.
Deon en Loura Brown.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button