Welkom by die News, Kyla
'Ek wil ons eenmansake tot franchises laat groei' – nuwe lid van die Caxton-familie en verkoopskonsultant van die News.
Die Krugersdorp News het amptelik op 8 Junie vir die 27-jarige Kyla Steyn as nuwe verkoopskonsultant verwelkom.
Volgens Kyla vloei Krugersdorp deur haar are, en wou sy nog altyd ‘n groot verskil maak waar sy woon. As nuwe lid van die Caxton-familie wil sy groot sukses behaal en besighede help groei.
“Caxton bied my daardie kans om my passie met ons dorp se mense uit te leef.”
Aan besighede het sy gesê, “Jou sukses begin by goeie bemarking.
Ek wil ons eenmansake tot franchises laat groei. Goeie bemarking maak nie net ‘n indruk op die leser nie maar bou ook vertroue onder ons plaaslike gemeenskap. Bemarking mag dalk nou soos ‘n las voel maar sal na ‘n tydperk ‘n plus word in jou ekonomiese groei.”
Meer oor Kyla:
• Hoërskool Monument is haar alma mater.
• Sy was ‘n verkoopskonsultant in die drukkersbedryf voordat sy by Caxton Local Media diens aanvaar het.
• Kyla beskryf haarself as avontuurlustig en iemand wat eerder sal gee sonder om iets terug te verwag. “Ek is ‘n vrou wat by my woord staan maar het ‘n baie klein hart. My diere en my dogtertjie is my lewe.”
• Sy is baie betrokke by liefdadigheid in die dorp. Sy doen nie net haar deel as vrywilliger by die Wes-Randse Dierereddingsgroep nie maar is ook lid van Elna se span by Cansa wat fondse insamel vir minderbevoorregte kinders met kanker. “Dit was my keuse omdat ek my moeder aan die groot K verloor het. Ek is altyd bereid om te help so ver soos ek kan.”
