Local newsNews

Vergeet van die voordeur – jaag sommer deur die muur

'n Huiseienaar wat lid is van die Sektor 4 GPF was saam met sy familie op Sondag 26 Junie teen 06:00 nog vas aan die slaap toe die slae hulle laat wakker skrik.

‘n Familie van Wentworthpark het onlangs letterlik met ‘n slag wakker geword toe ‘n bestuurder beheer oor sy voertuig verloor het en deur hul muur gebars het.

Tinus Pelzer, die huiseienaar wat lid is van die Sektor 4 Gemeenskapspolisiëringsforum het vertel dat hy en sy familie op Sondag 26 Junie teen 06:00 nog vas aan die slaap was toe die slae hulle laat wakker skrik het.

Hy vermoed dat die man baie vinnig met sy groen Volkswagen Polo gery het toe die voertuig eers die middelman getref en toe bo-oor ‘n dubbelbaan gery het voordat dit deur sy grensmuur gebars en in sy erf tot stilstand gekom het.

Die Polo het oor die sypaadjie en deur die grensmuur gejaag. Foto ingestuur.

Sy heel eerste gedagte toe hy die slae hoor was dat ‘n kar gerol het.

Gelukkig was daar geen beserings nie, maar die voertuig het vier panele van sy betonmuur met die stutpale uit die grond gery. Sy hekmotor is ook beskadig. Dit gaan vir Tinus R5 600 uit die sak jaag om die muur te herstel, dan kom die nagenoeg R8 000 by wat nodig is vir die hekmotor.

Tinus het vertel dat daar ‘n paar jaar gelede ook iemand in sy hek vasgery het en dat hy toe reeds gevra het dat spoedkalmeermaatreëls in Mainreefweg en Johan Jonkerrylaan aangebring word.

Tinus Pelzer het die gat in die muur tydelik toegemaak. Foto ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button