NewsSchools

Samesyn was die wenner

Ebies het onlangs 'n harde kwartaal op 'n prettige noot afgesluit.

Leerders van Laerskool Ebenhaeser het onlangs ‘n harde kwartaal op ‘n prettige noot afgesluit toe die hele skool aan ‘n massalandloop en -kleurloop deelgeneem het.

Die graadsewes spring op ‘n kleurvolle wyse weg. Foto’s: Natasha Pretorius.

Die kinders het op Vrydag, 24 Junie in hul onderskeie graadgroepe weggespring om ‘n 2km-landlooproete te voltooi. Daarna kon hulle mekaar met kleurvolle poeierverf toetakel voordat elke deelnemer ‘n burger te ete gekry het.

 

Sporthoof Stanley du Toit het verduidelik dat hulle elke jaar ‘n massalandloop aanbied. Al die kinders in die skool neem daaraan deel en die skool kies daarna hul landloopspan wat in die derde kwartaal aan die liga gaan deelneem.

Hy het ook vertel dat hulle baie dankbaar is teenoor Steers in Noordheuwel wat vir elke kind ‘n burger geskenk het, asook Mapogo wat sekuriteit verskaf en die roete beveilig het. Na die lang stap het hulle dit ook vreeslik geniet om mekaar met reënboogkleure in te kleur terwyl hulle mekaar met die poeierverf gegooi het.

Die skool het hierdie jaar se massalandloop ekstra lekker gemaak deur ‘n tema daaraan te koppel. Die tema was Minions Rush en die leerders het baie deftig gelyk in hul geel Minion-pakkies.

Ansrei Lloyd en Zuané Theart.

Javier Coljee was die eerste leerder terug deur die hekke na die 2km draf, maar dit was duidelik dat baie van die leerders eerder die samesyn geniet het as om die Top 10 te probeer haal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button