Geskiedenis kom tot lewe in Krugersdorp
Die nuwe Paul Kruger-standbeeld stop môre in Krugersdorp as deel van die Kruger Trek na Orania-projek. Kom beleef die geskiedenis en kultuurfees vanaf 08:30 by die Paardekraal-monument.
Vanaf Pretoria na Orania trek ‘n splinternuwe Paul Kruger-standbeeld en môre, 27 September, kom dit ‘n draai in Krugersdorp maak.
• Also read: Going back in time – 131 years of gentlemen socialising
Die standbeeld gaan om 08:30 by Krugersdorp se Paul Kruger-standbeeld oorkant die Paardekraal-monument wees. Volgens FAK-kultuurkoördineerder vir die Noord-Kaap, Cara Tomlinson, is dit simbolies om hier in Krugersdorp te stop. Sy het bygevoeg dat die projek se naam ‘Kruger Trek na Orania’ is en dat die beeld ‘n presiese ewebeeld is van die een in Kerkplein in Pretoria.
“Dit is omdat die twee beelde langs mekaar kan staan, en oom Paul vir Krugersdorp se mense kan kom groet,” het sy verduidelik.
Daarna gaan hulle oorkant die pad beweeg na die Geloftefees-terrein, waar daar onder andere ‘n bazaar en toesprake gaan plaasvind.
Ons gaan ook ‘n toespraak lewer namens Kruger in Konteks, oor die roete wat ons volg en wanneer ons in Orania aankom,” sê Cara.
Sy het ook genoem dat die projek omtrent 10 dae gaan duur en dat hulle nog verskeie dorpe gaan besoek.
Cara het afgesluit dat Krugersdorp definitief nie ‘n plek is wat hulle kan misloop nie, aangesien hier baie geskiedenis van Paul Kruger is.
