AdvertorialBusiness

‘n Mark vir die gemeenskap en families

Moenie Rant en Dal Prisma se Plaas- en Geskenkemark in Oktober misloop nie.

Begin jy jou nou reeds bekommer oor wat jy vir jou geliefdes vir Kersfees gaan gee? Is jy ook lus om net weer ‘n lekker dag saam met jou familie in die buitelug te spandeer?

Dan kan jy nou reeds 27, 28 en 29 Oktober met ‘n groot rooi kring in jou dagboek merk want Rant en Dal Prisma gemeente hou weer hul Plaas- en Geskenkemark en dié jaar gaan dit groter en beter wees.

Tydens die inperking is ons van baie dinge ontneem en een van die geleenthede wat daaronder gely het, was dié jaarlikse bymekaarkom-geleentheid.  Noudat daar nie meer inperkings is nie, is dit weer tyd vir die gemeenskap om saam te kom kuier by Rant en Dal Prisma.

Die driedagmark sal beslis iets hê vir elke lid van die familie – vermaak vir die kinders, geen kopsere oor wat om te maak vir aandete nie, en die kersie op die koek sal die spesiale items wees wat jy in die kerskouse kan bêre.

In die verlede het die gemeente, wat verlede jaar hul 45ste bestaansjaar gevier het, lekker basaar gehou maar dié jaar trek hulle ‘n nuwe baadjie aan en beplan om groot te gaan. Hulle beoog om minstens 50 stalletjies te hê wat verskillende produkte verkoop, en die Saterdag kan die gemeenskap ‘n dag propvol vermaak geniet.

Dominee Adelle Swanepoel het vertel dat hulle weer die gemeenskap bymekaar wil bring.

Die mark sal op Donderdag, 27 Oktober begin met verskeie stalletjies wat items te koop aanbied. Dan op Vrydag, 28 Oktober, kan jy maar die stoofplate afskakel en sommer die aand vir die familie daar gaan kos koop en al die musiek en samesyn geniet.

Saterdagoggend, 29 Oktober moet jy egter weer vroeg op wees om deel te neem aan die pretloop wat om 07:00 afskop.

Enige een is welkom om die pretloop by te woon. Daar is medaljes vir almal wat deelneem en jy stap teen jou eie pas.  So, bring die kinders, bring die stootwaentjie en bring sommer die honde ook,” het Swanepoel laggend vertel.

Vir ‘n vinnige stap is daar die 2.5km, vir die fikser mense is daar die 5km stap en as jy die parkrun gaan misloop en steeds jou Saterdag-oefening wil inkry, kan jy selfs aan die 10km stap deelneem.

Verder gaan daar ‘n troeteldierdieretuin, sandkuns, speletjies en springkastele vir die kinders wees. Bee-Bee die By gaan ook ‘n draai kom maak om die kleinspan te vermaak! Vir dié wat nog altyd gewonder het hoe messe gemaak word, gaan daar demonstrasies wees oor hoe om jou eie messe te maak. Dit is beslis iets wat jy nie wil misloop nie!

Maak dus seker jy is beskikbaar en dat jy jou langloopskoene aan het vir die mark van die jaar.

Daar is steeds plek oop as jy jou stalletjie wil kom opslaan.  Kontak vir Drienie by 011 665 2017 of stuur vir haar ‘n epos by drienie@rantendalprisma.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button