Crime

Jongste misdaadverslag toon 35 insidente vir Mogale City

Die verslag toon dat ses van hierdie voorvalle in Noordheuwel plaasgevind het, en sewe in die Krugersdorp-middedorp.

Die nuutste misdaadverslag van EPR Sekuriteit wys dat die maatskappy tussen 19 en 24 Julie op 35 insidente gereageer het. Ongelukkig was een van hierdie insidente ‘n verkragting in Rant-en-Dal die Sondagaand.

Behalwe vir diƩ voorval is hul personeel onder andere ook ontbied na 11 diefstalle, vyf huisbrake, twee pogings tot huisbraak, twee gevalle van saakbeskadiging, een poging tot moord, twee rowe, en een geval van gesinsgeweld.

Die verslag toon dat ses van hierdie voorvalle in Noordheuwel plaasgevind het, en sewe in die Krugersdorp-middedorp.

Op 24 Julie het reaksieoffisiere Janse van Vuuren en Smuts ‘n verdagte in Sneeubergstraat in Noordheuwel vir diefstal gearresteer.

EPR se volledige verslag is hieronder:

Die nuutste misdaadverslag vir Mogale City.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button