Inbraak bo aan lys van 19 insidente in Mogale
Die jongste EPR-misdaadverslag toon 19 insidente. Die meeste was by besighede waarvan agt inbrake was.
EPR Sekuriteit het hul jongste misdaadverslag vir die tydperk van 1 tot 7 Mei bekendgemaak en is daar in totaal 19 insidente gerapporteer waarvan huisbraak ‘n groot deel uitgemaak het.
Van die 19 insidente waarop hulle gereageer het was agt vir inbraak, twee vir saakbeskadiging en twee vir roof. Ander insidente het poging tot roof, diefstal en aanranding onder andere ingesluit.
Lees ook: Break-ins top the list of crime in Mogale this past week – EPR
Die meeste van hierdie insidente het by besighede plaasgevind gevolg deur wonings. Daar was ook saakbeskadiging by ‘n kerk in Witpoortjie en ‘n oopdeur-insident by ‘n skool in Rangeview.
Die Krugersdorp-middestad het vier gevalle gehad terwyl Noordheuwel, Factoria, Krugersdorp-Noord en Monument elk twee gevalle gehad het.
Lees ook: Huisbraak neem oor by diefstal in Mogale – EPR
Op Saterdag, 6 Mei het daar vyf insidente plaasgevind en meeste van hulle het tussen middernag en die middag gebeur.
