
• News-redakteur Clinton Botha skryf:
Met al die beurtkrag wil ek ook graag my stuiwer in die armbeurs gooi.
Lees ook: ‘Vandalisering van kragbokse in Krugersdorp neem toe’
Ek is ook ‘n inwoner van die dorp en betaal al die nodige heffings vir krag en water.
Lees ook: Fed-up Krugersdorp residents occupy Eskom offices
My eerste vraag aan wie ook al in beheer is van rekeninge: Hoe op aarde is my kragrekening R200 meer vir September as vir Augustus?
Ons het dan byna elke dag Fase 4-beurtkrag gehad, en soms ook Fase 6 en selfs Fase 7. As ek smiddae by die huis kom was die krag gewoonlik af en kon ons skaars kosmaak. Ek dink ons het drie of vier keer die stoof gebruik. Betaal ek dan nou vir krag terwyl ek kos oor die kole gaarmaak, want dis maar wat ons meestal gedoen het.
Ons geyser het ook vir byna ‘n week nie gewerk nie omdat dit gebars het. Hoe nou?
Lees ook: Eskom reports high number of incidents of electricity equipment failure
Een van twee dinge het hier gebeur … die munisipaliteit raai maar net die bedrae waarmee hulle ons slaan, of daar moet salarisverhogings agter die skerms betaal word wat hulle laat besluit het, ‘Kom ons stoot dit op met R200 en mnr Botha moet maar betaal, finish en klaar’.
Maak gerus die som. As 1 000 000 huishoudings vir September R200 ekstra moet betaal steek die munisipaliteit ‘n ekstra R200 000 000 in sy sak! Dis astronomies. Wat word met dié geld gedoen? Waarvoor betaal die belastingbetalers want dit voel asof ons swaarverdiende geld in ‘n bodemlose put gegooi word.
Iewers is daar ‘n slang in die gras en ek daag die munisipalitiet uit om veral te probeer verduidelik hoekom ons as belastingbetalers so geboelie word.
Vertel vir ons van jou frustrasies met die benarde kragsituasie en kragrekeninge deur ‘n epos te stuur na krugersdorpnews@caxton.co.za. Ek is seker julle is ook g@tvol om aan die kortste end te trek.

