Municipal
Maak slaggate reg saam AfriForum
Die gemeenskap word deur AfriForum Krugersdorp-tak uitgenooi om te help slaggate herstel.
Op Saterdag, 17 Augustus loods die AfriForum Krugersdorp-tak ’n veldtog om slaggate reg te maak.
AfriForum Krugersdorp se voorsitter, Uri van Niekerk, sê hulle het slaggate rondom die dorp geïdentifiseer. Hy sê verder dat hulle toestemming van die munisipaliteit het om dit reg te maak.
Die veldtog begin om 09:00 by die brandweerstasie geleë in Kommissarisstraat, en alle lede van die gemeenskap word genooi om dit by te woon en hulp aan te bied.
“Bring asseblief ’n positiewe gesindheid en baie energie om die dag saam met ons te geniet,” het Uri afgesluit.