Municipal

Talle brandkrane weer herstel, dié keer in Rant-en-Dal

'n Totaal van 23 brandkrane in Rant-en-Dal is geïdentifiseer, skoongemaak, getoets en gemerk deur die burgerregteorganisasie AfriForum.

Werkende brandkrane is van deurslaggewende belang vir die blus van brande en AfriForum se Krugersdorp-tak het dit onlangs hul missie gemaak om weer talle brandkrane te toets en te herstel, hierdie keer in Rant-en-Dal.

Thys Blom, die burgerregte-organisasie se projekspanleier, het gesê dit is hul tweede brandkraanprojek.

Thys Blom en Mitch Mac Rae toets ‘n brandkraan.

“Ons het 23 brandkrane geïdentifiseer, skoongemaak, getoets en gemerk. Een kon nie gevind word nie en nog een is buite werking. Ons voel dat hierdie tipe projekte baie belangrik is na die brande van 2023 waar verskeie huise vernietig is en ook vir die veiligheid van ons gemeenskap,” het hy beklemtoon.

“Die projek se sukses sou nie moontlik gewees het sonder die toewyding en harde werk van ons patrolleerders, brandweerreserviste soos Mitch en Dale Mac Rae, raadslid Aloysha Jooste en die paar gemeenskapslede wat ook gehelp het nie,” het Thys afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button