Local newsUpdate

Toline sal nie ophou soek na gesteelde Trixie nie

Na meer as twee weke is Toline van Vuuren se hart nog steeds in stukke oor haar gesteelde Pekingese, maar sy gee nie hoop op nie.

Na meer as twee weke is Toline van Vuuren steeds op soek na haar hondekind Trixie, wat op 13 Julie saam met haar kar gesteel is.

Lees ook: Help! Trixie the pregnant Pekingese stolen with car

Toline het haar Pekingese, Trixie vir ses jaar gehad en het aan die News vertel dat sy orals saam met haar gegaan het. Toline is ‘n stafsuster en het vir Trixie saamgevat na al haar kliënte toe.

Sy is ‘n baie stil, baie soet hondjie; sy kan nie eers blaf nie.”

Trixie is dragtig en moet teen 16 Augustus geboorte gee. Sy was in die kar toe Toline ‘n pasiënt afgelaai het, en al was die kar gesluit kon die misdadiger die kar vinnig oopkry en wegry. Toline het gesê daar was nie kameras om die diefstal vas te lê nie maar dat mense wel ‘n jong man by die kar opgemerk het.

Dit was die tweede voertuig in ‘n jaar wat by haar gesteel is. Die rooi Toyota Conquest 1300 is om en by 11:00 die oggend op die hoek van Tannerstraat en Flemminglaan in Krugersdorp-Wes gesteel.

Die rooi Toyota Conquest wat gesteel is met Trixie daarin.

Maar Toline gee nie veel om oor die voertuig nie.

Hy was in elk geval 40 jaar oud; ek wil net my hondjie terughê.”

Sy het ‘n R1 000-beloning aangebied vir wie ook al kan help om Trixie veilig aan haar terug te besorg. Trixie het ‘n donker gesiggie, haar oë is ver uitmekaar en sy het ‘n flappie op haar neus.

Toline het haar dogter jare gelede verloor, en het vertel dat dit kompleet voel asof sy nog ‘n kind verloor het.

Indien jy kan help met inligting kan jy Toline skakel by 079 095 3394.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button