Vrouemaand-fokus: Uit die mond van die suigeling …
Behoort mans meer as vroue vir dieselfde werk betaal te word? Wie is 'die baas' in julle huis? Noordskool-leerders het al die antwoorde ...
Aangesien die News wou weet hoe staan sake wat geslagsgelykheid in ons land betref, is daar met dié gaan gesels wat nie doekies omdraai nie: ons kinders.
• Ross du Bruyn, 7, in Graad 1 (Hy is die slimste in graad een want hy weet wat 10×10 is)
V: Kan ‘n vrou ‘n voertuig herstel?
A: Nee, dalk as ‘n groot pyp uitval dan kan hulle nie keer nie. Die manne is die sterkste. Dit kan op die vrouens se neuse val.
• Chanel Harmse, 13, in Graad 7
V: Is dit reg as pa’s tuis bly en na die huis en die kinders omsien terwyl die ma’s werk?
A: Ek dink dit is reg maar vroue moet ook daar wees sodat die kinders ook na die ma kan opkyk en nie net die pa nie.

• Kyle Ellis, 12, in Graad 6
V: Wie’s baas in julle huis?
A: My ma is die baas in my huis want sy is baie kwaaier as my stiefpa. Sy basically runs die huis.

• Zelne Jonker, 8, in Graad 2
V: Wie maak die kos in julle huis?
A: Mamma, want sy maak lekkerder kos. Sy maak vir my lasagne.

