Vrouemaand-fokus: Wat ons kinders te sê het
Is dit reg as pa’s tuis bly en na die huis en die kinders omsien terwyl die ma’s werk, of wie’s baas in julle huis? Learskool Kenmare-leerders het al die antwoorde ...
Aangesien die News wou weet hoe staan sake wat geslagsgelykheid in ons land betref, is daar met dié gaan gesels wat nie doekies omdraai nie: ons kinders.
• Symone Venter, ‘n Graad 7-leerder en hoofmeisie
V: Is dit reg as pa’s tuis bly en na die huis en die kinders omsien terwyl die ma’s werk?
A: In my opinie is dit heeltemal oukei. Vroue verdien ook die reg om te kan werk en daar kan nie van hulle verwag word om kinders op te pas of om heeldag by die huis te bly nie. Ek glo dat vroue ‘powerful’ is en dat hulle self kan kies of hulle wil werk, en dit moet oukei wees.
• Llewellyn Lourens, ‘n Graad 7-leerder en hoofseun
V: Wie’s baas in julle huis?
A: Sonder my ma sou ek nie vandag hier gewees het nie. My ma is ook die een wat die lekker kos kook, behalwe as ons braai, dan is pa in beheer. Ek is baie lief vir ma.

