Local news

Skoolkinders sê wie die baas in die huis is …

Behoort mans meer as vroue vir dieselfde werk betaal te word? Wie is 'die baas' in julle huis? Nories-leerders het al die antwoorde ...

Aangesien die News wou weet hoe staan sake wat geslagsgelykheid in ons land betref, is daar met dié gaan gesels wat nie doekies omdraai nie: ons kinders.

• Danika de Beer, Graad 11-leerder
V: Behoort mans meer as vroue vir dieselfde werk betaal te word?
A: Ek dink vroue moet dieselfde verdien as ‘n man as hulle in dieselfde pos is. Ons as vroue doen presies dieselfde kwaliteit werk as wat ‘n man sal kan doen.

• Chadwin Storm, ‘n Graad 11-leerder
V: Wie’s baas in julle huis?
A: In my opinie is my ma die baas in die huis. Sy besluit wie doen wat en wanneer dit gedoen moet word. Sy sê wat reg en verkeerd is. Sy is ook die baas omdat sy alles regkry en haar kinders rondstuur en in die werk steek wanneer sy wil.

Chadwin Storm.

• Cobus Bosman, ‘n Graad 10-leerder
V: Wie’s baas in julle huis?
A: My ma sê wat en waar iets gedoen moet word. Sy help my met alledaagse take en om iets eenvoudig soos skoolklere reg te kry, en sê selfs na watter partytjies ek mag gaan. In my lewe is my ma my alles. Ek vertrou haar en is baie lief vir haar. Ek kan nie sonder haar nie.

Cobus Bosman.

• Reabetswe Banda, ‘n Graad 8-leerder
V: Vir wie is die lewe in Suid-Afrika die gemaklikste, vir mans of vir vroue?
A: Beslis vir mans. ‘n Vrou is baie belangrik en die wêreld moet dit besef.

Reabetswe Banda.

• Kayleigh Molaren, ‘n Graad 8-leerder
V: Behoort mans meer as vroue vir dieselfde werk betaal te word?
A: Nee, ek dink nie dat mans meer betaal moet word nie, veral as hulle dieselfde werk doen. Daar moet gelykheid wees.

Kayleigh Molaren.

• Gordon Stocker, ‘n Graad 8-leerder
V: Wie’s baas in julle huis?
A: My pa. Hy is die leier van die huis en beheer alles. Hy sê ook vir ons wat om te doen. Maar, ek is steeds baie lief vir my ma. Sy is ons rots.

Gordon Stocker.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button