Stywe drukke en trane van blydskap vir Monnas-matrieks
Daar was 'n gejuig en geglimlag van oor tot oor onder Monnas-leerders tydens die vrystelling van matriekuitslae op Vrydag, 20 Januarie.
By Hoërskool Monument het die trots oorgeloop toe die klas van 2022 hul matrieksertifikate ontvang het – die eerste stap na die grootmenswêreld.
Johan Calitz, Monnas se skoolhoof het die matriekklas van 2022 hartlik op Vrydagoggend, 20 Januarie verwelkom. Soos in die verlede het hy eers gou die slaagsyfer, top onderskeidings en ander prestasies met hul meegedeel. Die eks-matrieks (soos Calitz hulle aangespreek het) is daarna na die Martin Brink Saal waar hulle hul sertifikate kon kry, foto’s neem om die dag te onthou en vir oulaas hul onderwysers kon groet.


Lees ook: Krugersdorp correctional official makes matric magic
Calitz het ook gesê alhoewel hy nie wil dwaal op die uitdagings wat die matriekklas moes deurmaak nie, is hy tog trots op die leerders dat hulle selfs met al die uitdagings so goed presteer het.
Die News het vir ‘n paar van hulle gevra wat die toekoms vir hulle inhou en Larize Delport het vertel dat al gaan sy haar vriende baie mis is sy opgewonde om sielkunde by die Pukke te gaan studeer.


Lees ook: Matrics 2022 here’s a PLUG, access your results online
‘n Trotse Shamoné Grobler het sewe onderskeidings behaal en vertel dat sy optometrie by UJ gaan studeer. Terwyl Liam Delport wat ook met sewe onderskeidings spog bestuur en rekeningkunde by die Pukke gaan studeer.
Julie Kamte-Hevmov gaan die jaar af vat en bietjie werk voordat sy volgende jaar by UJ of Wits gaan aansluit om vir ‘n BCom-graad in besigheidsstudies te swot.


