Hands of Care gaan groot vir liefde
Daar was onlangs gedans en gesing tydens die Hands of Care-organisasie se Valentynsdans – die eerste keer wat die geleentheid aangebied kon word sedert die einde van die pandemie regulasies.
Die Hands of Care-organisasie kon weer vir die eerste keer na die Covid-19 pandemie hul Valentynsdans aanbied wat talle verassings opgelewer het.
Madeleine Breedt van die organisasie het verduidelik dat hulle die tipe funksies hou om geld in te samel vir die organisasie. Hulle wou die oggend ook ‘n Valentynsbal hou maar dit het ongelukkig uitgereën.
Ons hou die funksies omdat ons geen buite skenkings inkry nie en ook om die gemeentskap te betrek by iets lekker.”
Behalwe vir die voete laat skoffel het hulle ook speletjies gespeel en ‘n gaskunstenaar gehad wat opgetree het. Madeleleine het vertel dat daar so 60 mense was.

Verlede jaar kon hulle net een projek aanpak en het vertel dat hulle in Desember vir 200 kinders ‘n Kerspartytjie gehou het. Daar was drie Kersvaders, ‘n springkasteel, lekkers, koeldrank, hamburgers en geskenke.
Ek probeer weer kyk vir mense wat my kan help, hul kies ‘n kind of twee en dan vul hul die geskenke op deur die jaar. Dit help om elke kind se hartjie bly te maak. Ons het baie minderbevooregte kinders.”
Hierdie jaar wil hulle onder andere ‘n tee-troue, boemelaar-partytjie en drie-dag-fees hou en beplan hulle ook om by verskeie bejaardes te gaan kuier.
Indien daar mense is wat graag die organisasie wil help kan hulle vir Madeleine by 081 415 9896 skakel.


