Local news

Judy vier hierdie jaar haar palindroom-verjaarsdag

Hierdie jaar vier Judy Nel haar palindroom-verjaarsdag wat op 23.02.23 val.

Vir Judy Nel se verjaarsdag hierdie jaar is dit ‘n baie spesiale verskynsel.

Dis nie omdat sy 59-jaar oud word nie, maar omdat haar verjaarsdag hierdie jaar ‘n palindroom is en op 23 Februarie 2023 val, oftenwel 23.02.23. ‘n Palindroom is dus ‘n simmetriese volgorde van letters of syfers.

“Ek gaan nie iets spesiaal doen die jaar nie maar vir my gaan dit oor die datum. Dit kan nooit weer met my gebeur nie,” het Judy aan die News vertel.

Judy is in Pretoria gebore, maar bly reeds die afgelope 22 jaar in Krugersdorp. Sy het in Pretoria in ‘n kwekery gewerk en dieselfde beroep gevolg toe sy Krugersdorp toe trek.

“Ek werk nou al 37 jaar sonder ophou, ek kan die Here nie genoeg bedank vir my gesondheid nie. En dat ek steeds kan werk om na myself om te sien, en met soveel deursettingsvermoë pak ek elke dag aan.”

Een van haar lekkerste verjaarsdae was haar 50ste. Sy het vertel dat haar broer alles gereël het en het ook die spyseniering gedoen.

“Dit was ‘n groot verrassing vir my gewees, al wat daar vir my gesê is, is dat ek geel moes aantrek op daardie Saterdag,” wat Judy se gunsteling kleur is.

Sy het vertel dat haar grootste hartsbegeerte is om ‘n groot bos geel rose te kry. Sy het laggend vertel dat daar nog eendag ‘n ridder op ‘n wit perd vir haar so ‘n bos rose sal bring.

Judy het vertel dat sy haar lewe voluit lewe omdat mens dit net een keer kan doen. Sy het gesê dat jy moet seker maak jy is gelukkig en dat net jy daarvoor verantwoordelik kan wees.

Sy het reeds in Desember 2022 vir almal begin vertel dat 2023 haar jaar gaan wees en het gesê dat sy opgewonde is oor dit wat die jaar gaan bring.

“Ek moet gewig verloor en doen goed daarmee die laaste twee maande. En ek glo ‘n wonderwerk gaan hierdie jaar gebeur. Iets wat my lewe en my toekoms gaan verander. Ek is so oortuig daarvan en positief hieroor, ek glo en vertrou op die Here wat die pad vir my sal aandui.”

Haar gunsteling sangeres is Juanita du Plessis en vir haar is die lied, ‘Dis tyd’ presies waaroor die lewe gaan.

“Raak rustig en sit en luister na die liedjie se woorde.”

In haar spaartyd hou sy van musiek luister en legkaarte bou, sy is op haar gelukkigste in die tuin en om plante. Sy het vertel dat dit die beste plek is om van alles om jou te vergeet, alles wat jou ontstel en hartseer maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button