Local news

Talle pret tydens die eerste Wes-Rand Pampoenfees en Boeremark

Die grootste pampoen het 'n indrukwekkende 240kg geweeg!

Talle Wes-Randers het by die eerste Wes-Rand Pampoenfees en Boeremark bymekaargekom wat op Saterdag, 4 Maart plaasgevind het.

Talle pampoene was ingeskryf vir die kompetisie.

Een van die organiseerders, en pastoor by die 153 Bediening gemeente, Barend Kotze het vertel dat dit die eerste jaar is wat hulle dié fees hou. Dit is ook die eerste keer dat hul as gemeente, op die kerk se gronde, hierdie reuse pampoene probeer groei het met pitte wat van oorsee kom.

Steven Schutte, Cassandra Schutte, Lehan Grundling en Caylê Grundling.

 

“Met al die inskrywings en belangstelling in ons doel glo ons dit het baie goed gegaan,” het Barend vertel.

Hy het verduidelik dat die doel van die dag was om mense bewus te maak dat die landbousektor ‘n groot rol speel tot die bekamping van armoede.

Johan Anker sing tydens die dag.

“Ons elkeen het ‘n rol om te speel om armoede te veg – armoede sal altyd daar wees maar elkeen kan armoede smoor deur hulle eie groente en vrugte te plant en te groei en die landbousektor te help bevorder. Ons kan self ons eie groente plant en groei in ons tuin en so ook skenk vir liefdadigheid.”

Sommige van die klassieke motors wat uitgestal was.

Al die pampoene wat vir die kompetisie ingeskryf is gaan vir liefdadigheid geskenk word.

Die resultate is soos volg:

• Joe Fourie – Die eerste plek wenner vir 2023 se kleinste pampoen met ‘n gewig van 0.60kg
• Amelia Botes – Die tweede plek wenner vir 2023 se kleinste pampoen met ‘n gewig van 1.2kg
• Raaitjie Botma – Die derde plek wenner vir 2023 se kleinste pampoen met ‘n gewig van 9kg
• Raaitjie Botma – Die derde plek wenner vir 2023 se reuse pampoen met ‘n gewig van 10kg
• Amelia Botes – Die tweede plek wenner vir 2023 se reuse pampoen met ‘n gewig van 12kg
• Lee Ann van Zyl is gekroon as die 2023 wenner met ‘n pampoen wat 240kg weeg.

Joe Fourie is die eerste plek wenner vir 2023 se kleinste pampoen met ‘n gewig van 0.60kg.
Amelia Botes is die tweede plek wenner vir 2023 se kleinste pampoen met ‘n gewig van 1.2kg.
Raaitjie Botma is die derde plek wenner vir 2023 se kleinste pampoen met ‘n gewig van 9kg.

 

“Die dag was een groot fees gewees en elkeen kon dit geniet en ons het lekker saam gekuier met Tanya V, Johan Anker en die Lekkerkry Boeremusiek orkes.”

Daar was ook heerlike kos te koop, verskeie stalletjies om te besoek, plaaslike vermaak en klassieke motors wat beskou kon word.

Coenie Matthysen, Cohan Matthysen, Judy Pieterse, Yolandri Matthysen en AB Matthysen.

“Ons het ook ons eie unieke Pampoenfees resepteboek deur ons gemeentelede saamgestel en met die pampoen liefhebbers meegedeel om so weer ‘n liefde vir pampoengeregte te kweek.”

Sommige van die klassieke motors wat uitgestal was.
Ronel Janse van Rensburg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button