Local newsMunicipal

Dankie Oom Leon en span!

Solank die gemeenskap veilig op ons paaie kan ry is Leon Ehrke gelukkig. Hy en 'n paar ander hande het gesorg dat byna 20 slaggate weer aandag kry.

Daar is nie ‘n motoris in Suid-Afrika wat nie keelvol vir slaggate is nie.

Baie meen dat dit nie eers meer saak maak of jy die owerhede vra om die paaie reg te maak nie, en so regoor die land, selfs in Mindalore, het inwoners begin om self die bul by die horings te pak en die slaggat-probleem op te los.

Een van hierdie inwoners is 67-jarige Leon Ehrke, ‘n bekende gesig in die gemeenskap wat op Saterdag, 4 Maart met sy rooi bakkie vol sakke sement en ‘n ekstra paar hande die slaggate in Trezonaweg en die dienspad getakel het. Al te saam kon hulle 17 slaggate toemaak.

Leon wil sy gemeenskap help deur self die slaggate toe te maak.

Hierdie is egter nie die eerste keer wat Leon die owerhede se gate vul nie. Die News het al voorheen oor Leon geskryf wat slaggate vul. Op Facebook was dit egter duidelik dat die gebaar nie ongesiens gegaan het nie en met 101 kommentaar-boodskappe is dit duidelik dat die gemeenskap dankbaar is vir mense soos Leon.

Hy het verduidelik dat hy die slaggate met klip, sement en growwe sout vul. Waarom dan die growwe sout, Oom Leon?
Hy verduidelik dat die growwe sout verseker dat die sement ekstra hard bly en nie weer so vinnig breek nie. Spoggend het hy die vorige gate wat hy gevul het as ‘n voorbeeld gebruik en gesĂȘ dat hulle nogsteeds so stewig is soos die dag wat hy hulle gevul het.

Sement, klippe en growwe sout is wat benodig word om gate vol te maak.

Baie eerbaar van hom om die gate te vul, maar beslis nie volhoubaar nie, want hy betaal vir al die herstelwerk uit sy eie sak.

Maar dit pla hom nie, solank die gemeenskap veilig op die pad kan ry is Leon gelukkig. Hy het wel vertel dat ‘n helpende hand of ‘n paar rand vir sement nooit onwelkom is by hom nie en meen dat vele hande maak ligte werk. Daarom nooi hy graag die gemeenskap uit om saam met hom te kom gate stop of dan net ‘n klein donasie te maak.

Jy kan vir Leon kontak by 082 785 6816.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button