Local news

WAS-kleurloop bring hoop vir minderbevoorregtes

Die WAS Foundation is dankbaar vir die gemeenskap wat onlangs hul kleurloop ondersteun het.

Dit het soos ‘n reënboog gelyk by die Gemeente Sonder Grense Kerk toe die We’re Against Starvation (WAS) Foundation onlangs hul jaarlikse kleurloop gehou het.

Melissa Barnard wat die prettige kleurvolle dag gereël het, het vertel dat hul organisasie geen subsidie van die staat ontvang nie. Hulle hou hul sopkombuis aan die gang met fondse wat hul deur goedhartige skenkers ontvang.

Lizanne Ayers, Tamarin van Voldenstee, Danelle Hattingh en Wanya Bezuidenhout.

Die organisasie deel so om en by 140 kosblikke vir minderbevoorregte kinders in die oggend voor skool uit. Dieselfde kinders, hul broers en susters, ouers en so 70 bejaardes kry dan ook elke dag by die organisasie middagete. Melissa het vertel dat hulle so 350 tot 400 borde kos per dag aan die gemeenskap uitdeel.

Op Saterdag, 4 Maart het 60 van die kinders wat by hul sopkombuis kos kry by lede van die gemeenskap aangesluit om die 3.2km kleurloop te voltooi. Melissa het vertel dat daar agt besighede was wat elk ‘n kleurstasie geborg het.

Charlene Mulder.

 

Om ekstra geld in te samel het hulle ook lekker pannekoek en jaffels verkoop.

Esmerelda van Zyl-Kilian, die vrou wat die WAS Foundation gestig het, het almal bedank vir hul ondersteuning en die harde werk om die dag moontlik te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button