Local news

Plaaslike besigheid wys ondersteuning vir niere-uitdaging

Fondse wat ingesamel is van die verkope van sleutelringe gaan vir Life Robinson Hospitaal om wol te koop vir pasiënte en verpleegsters wat kniekomberse hekel vir minderbevoorregtes.

‘n Besigheid in Krugersdorp het onlangs saamgestaan om hul ondersteuning te wys vir mense wat dialise ontvang en nier probleme het.

Op World Kidney Day, wat op Donderdag, 9 Maart was, het Nexgro een van hul werknemers, Janine Harmse wat ‘n inwoner van Randfontein is, ondersteun wie dialiese ontvang.

Janine, wat die dag georganiseer het, vertel dat haar kollegas ‘n uitdaging en fondsinsameling met groot opgewondenheid aangepak het. Hulle het foto’s van hul hande teen hulle niere vir die #showyourkidneys-uitdaging geneem.

Lees ook: ‘Kidney disease can strike at any age’

Nexgro werknemers het onlangs hul ondersteuning gewys vir mense wat dialise ontvang en nier probleme het. Foto verskaf.

“Die personeel van Nexgro het ook sleutelhouers ten bate van die Life Robinson Hospitaal se dialise-eenheid gekoop en alle opbrengste van die verkope van die sleutelhouers word gebruik om wol te koop.”

Sy het verder vertel dat die hospitaal se pasiente en verpleegsters komberse hekel vir minderbevoorregte mense.

Lees ook: Are you at risk of developing kidney cancer?

Nexgro werknemers het onlangs hul ondersteuning gewys vir mense wat dialise ontvang en nier probleme het. Foto verskaf.

“So help die een hand die ander – wat ‘n mooi voorbeeld van paying it forward.”

Janine het verduidelik dat die idee was om die personeel beter te laat verstaan oor hoe hul niere funksioneer.

“Die feit dat ons geld kon insamel vir wol was ‘n reuse pluspunt aangesien al die personeel by ons hoofkantoor deelgeneem het, dit was ‘n reuse sukses.”

Nexgro werknemers het onlangs hul ondersteuning gewys vir mense wat dialise ontvang en nier probleme het. Foto verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button