Local news

Man oorlede by tennisbane se tentkamp

Oomblikke voor hy oorlede is het die inwoner gevra vir 'n ambulans en glo gesê hy dink nie hy gaan dit maak nie.

‘n Inwoner van die tennisbane se tentkamp in Krugersdorp-Wes is Saterdag-oggend, 18 Maart, dood aangetref.

Inwoners van die kamp, wat nege maande gelede op die tennisbane in Krugersdorp-Wes opgerig is, het vertel dat hulle die oggend nog met die man gesels het. Die man, wat blykbaar ‘n karwag by ‘n plaaslike skool was, het twee weke gelede daar ingetrek.

Een inwoner het die News vertel dat hy daar kom bly het nadat hy uit die hospitaal ontslaan is.

Hy het volgens inwoners die oggend net na 08:00 gevra dat iemand vir hom bietjie water bring. Later het hy gevra hulle moet die ambulans bel en glo gesê hy dink nie hy gaan dit maak nie.

Een inwoner het gehardloop om die ambulans te bel maar toe hulle weer by hom kom het hy in die son gelê en glo reeds oorlede.

Missie Henn, een van die mense in beheer van die kamp, het gevra wanneer die leë beloftes wat byna ‘n jaar gelede aan hulle gemaak is, nagekom gaan word?

Die inwoners het nie rioolgeriewe nie en maak gebruik van ‘n put-toilet. Boonop is daar ook nie lopende water of vullis-verwydering nie.

Inwoners het byna ‘n jaar gelede hul tente op die tennisbane gaan oprig.

Sy het die oorledene beskryf as ‘n uitbundige vrygees wat altyd met sy hoed en pak rondgeloop het. Hy het ook soms by die verkeerslig naby die polisiestasie gebedel. ‘n Ander inwoner van Krugersdorp het vertel hoe die man gereeld vir kinders by die skool broodjies en koeldrank sou gee as hulle dit nodig gehad het.

Toe die News op die toneel was, was die polisie ook daar en gewag vir die liggaam om verwyder te word.

Henn het vertel hulle het baie Goeie Samaritane wat met donasies by die kamp help en as daar enige helpende hande is, is jy welkom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button