Local news

Nandi se kinderdroom bewaarheid

Nandi wou al van laerskool af aan Mej Krugersdorp deelneem, maar nooit het sy gedroom om Mej Wes-Rand te word nie.

Toe Nandi Oosthuizen as klein dogtertjie gedroom het om ‘n kroon vir haar dorp te dra, het sy net gehoop om Mej Krugersdorp te wees. Nooit in haar wildste drome het sy gedink om Mej Wes-Rand te wees nie – iets wat steeds onwerklik voel.

Die 25-jarige Nandi het ‘n hart vir liefdadigheid, veral wanneer dit by bejaardes of kinders kom. Sy het haar hele lewe in die Wes-Rand grootgeword en neem al van haar kinderdae af deel aan skoonheidskompetisies. Sy het bygevoeg dat dit nog altyd vir haar ‘n voorreg en passie was om aan hierdie tipe kompetisies deel te neem.

Also read: Entries for Miss South Africa now open

Hierdie afgelope jaar se ervaring met die Mnr en Mej Krugersdorp-kompetisie het vir Nandi baie selfvertroue gegee en sy het vertel dat sy nie net as mens gegroei het nie, maar het ook baie nuwe vriende gemaak.

Ons almal staan nogsteeds saam,” het sy gesê.

Sy het verder vertel toe hulle haar naam uitlees het sy eers vir ‘n rukkie stilgestaan want sy het dit glad nie verwag nie.

Also read: New Miss Township SA to inspire kids on West Rand

“Dit is nogsteeds ‘n realiteit wat moet insink, dit voel nog so onwerklik ek kan net nie glo ek het die Mej Wes-Rand-titel nie.”

Haar beplanning is om nou te fokus op tehuise vir bejaardes en sy is ook besig om saam met van die ander wenners Paaseiers in te samel vir kinders.

Nandi Oosthuizen is die nuwe Mej Wes-Rand.

Hierdie titel gee haar ook ‘n platform om meer mense te help en om hulle te bemoedig. Nandi het vertel dat toe sy nog net ‘n finalis was het mense nie so baie vertroue in haar gehad nie, maar vandat sy die titel gewen het het sy oproepe ontvang van mense wat deel van haar projekte wil word.

Sy is op die oomblik betrokke by verskillende projekte; veral baba- en bejaardeprojekte. Tehuise soos Huis Adonai en Huis Ebenhaeser lê haar baie na aan die hart. Sy wil graag ‘n spa-dag vir dié bejaardes hou.

Ek wil net hê hulle moet ook voel hulle hoort iewers en ek glo ander mense sal ook wil betrokke raak veral omdat ek Mej Wes-Rand is. Ek glo hulle sien mens as ‘n rolmodel in die gemeenskap.”

Nandi se raad aan ander wat ook aan so ‘n kompetisie wil deelneem is om nooit op te gee nie en te aanhou droom, ‘want jy weet nooit waar dit jou eendag in die lewe mag bring nie’.

Sy wil ook aan ander kompetisies deelneem, haar selfvertroue meer opbou en oor ‘n jaar of twee Mej Suid-Afrika aanpak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button