Local news

Hulle gee hul hart en siel

Die Heart and Soul foundation vra die gemeenskap om hulle harte oop te maak vir minderbehoeftige kinders.

Die Heart and Soul Foundation is ‘n organisasie met ‘n kleuterskool wat hul deure vir kleuters oopgemaak het wie se ouers nie kan beskostig om hulle na ‘n skooltjie te stuur nie.

Maar om aan te hou om goeie werk te verrig het hulle die gemeenskap se hulp nodig en bied dus op 18 Mei ‘n gholfdag by die Krugersdorp Golf Club aan. Die gholfdag sal teen 10:30 begin en inskrywings is R3 000 vir ‘n vierbal, R380 vir ‘n tweesitplek gholfkarretjie, R500 om ‘n gaatjie te borg en R1 000 om die negende of agtiende gaatjies te borg.

Lees ook: Gemeenskap groet Deon Bresler, ‘n man met ‘n hart van goud

Estelle Opperman van die organisasie het verduidelik dat hulle omsien na minderbevoorregte kinders wie se ouers nie kleuterskoolgelde kan bekostig nie. Hulle het 30 leerders wat in die oggend by hul skoolgaan en dan 10 kinders na wie hulle omsien in die middae na skool. Die kinders is tussen drie en sewe jaar oud.

Die kinders kry ook twee maaltye per dag. Chris Opperman het verduidelik dat hulle in 2021 die organisasie geregistreer het maar Estelle kyk al vir baie jare na behoeftige kinders. Hulle het gereelde borge gehad maar na Covid-19 het die borgskappe al hoe minder en minder begin word.

Lees ook: Help Paasfees spesiaal maak saam met Ray of Hope

Hulle hoofsaaklike uitgawes is die huur, krag en kos. Hulle het ook vier vrywilligers wat as onderwysers en skoonmakers werk en sal graag vir hulle ook ‘n klein salaris wil gee.

Estelle het verduidelik dat kinders haar passie is en dat dit haar roeping is om hulle te help. Chris het vertel dat hulle organisasie ook behoeftige gemeenskapslede en bejaardes uithelp wanneer hulle kan maar dat die kinders altyd eerste kom. Behalwe vir finansiële hulp kort die skool ook komberse vir die winter, toiletware en klere. Hulle beplan om weer ‘n paar groot projekte aan te pak die jaar.

“Ons vra die gemeenskap om hulle harte oop te maak vir ons. Ons weet daar is baie organisasies, maar help ons om die kinders tot in graad een te kry,” het Estelle gesê.

Chris het verduidelik dat hulle aan die einde van elke jaar vir hul leerders wat graad een toe gaan ‘n tas met skryfbehoeftes en skoolklere gee om hulle reg te kry vir grootskool. Hulle sal ook goed opgepaste tweedehandse skoolklere waardeer.

Vir meer inligting oor die gholfdag, of om die organisasie by te staan, kan Chris gekontak word by 072 515 5350, of per e-pos by opperman.estelle@gmail.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button