Local news

Rekordgetal paaseiers uitgedeel danksy Esperança en borge

Die Esperança Foundation-span het onlangs die strate ingevaar en 600 paaseiers by die Burgershoop-parkie uitgedeel.

Die Esperança Foundation het onlangs ‘n rekord getal paaseieers uitgedeel as deel van hul 40 Sakke in 40 Dae projek.

Lees ook: Minderbevoorregtes vir Paasfees bederf

Yové Pestana (regs) reg om paaseiers uit te deel.

Yolandie Pestana van die organisasie het vertel dat hulle elke jaar hul 40 Sakke in 40 Dae-insameling in Februarie hou, maar die jaar het hulle dit bietjie later gehou en wou ook iets anders doen. Die insameling het toevallig oor die Paasnaweek geval en hulle het ‘n borg van 600 paaseiers danksy Elite Event Planning, Executive Building Cleaners en Obsessive Generators ontvang.

Lees ook: Help Paasfees spesiaal maak saam met Ray of Hope

Die span het toe op Sondag, 9 April paaseiers by die Burgershoop-parkie en ook in die strate gaan uitdeel. Die borge het saam gegaan om die eiers uit te deel en Yolandie het vertel dat dit vir hulle ‘n belewenis was.

Die drie-jarige Yové Pestana het paashaas gespeel.

“Die dag was nie net ‘n sukses nie, dit was meer as dit, dit was vervullend,” het Yolandie gesê en bygevoeg dat dit baie vir hul organisasie beteken het.

Sy het vertel dat dit baie spesiaal was om so baie glimlaggies te sien.

“Daar was nie woorde om te beskryf hoe dit jou laat voel nie.”

Yolandie het gesê die keer was anders want nie net het hulle ingesamel vir hul organisasie nie maar hulle het uitgereik in plaas daarvan om net te ontvang.

“Mag daar meer mense daar buite wees wat uitreik en help.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button