Local news

Gemeente roep geliefde leraarpaar vaarwel

Ds Anton Ferreira is in 2003 bevestig as leraar in die NG Krugersdorp-Oos gemeente en het sedertdien diep spore getrap en besondere mylpale bereik.

“Mens is maar net ‘n instrument in die Here se hande – en as daar iets bereik word, is dit in die eerste plek net genade; in die tweede plek is dit altyd as deel van ‘n span en nooit as individu nie.”
So sê Ds Anton Ferreira, leraar van die NG Krugersdorp-Oos Gemeente, wat vanaf Mei ‘n nuwe paadjie saam met die Here gaan stap.

Lees ook: Local church pays it forward

Ds Anton tydens sy dogter, Retske, se troue op Heidelberg. Foto: Verskaf.

Die afgelope twintig jaar was die Ferreiras ‘n vaste instelling by die kerk. By elke kermis, vergarding, fondsinsameling of Pinksterreeks – iewers was daar altyd ‘n Ferreira besig om te help of gesels.
Ds Anton en sy jong gesin het in Julie 2003 in Krugersdorp aangekom en is in Augustus bevestig as die nuwe leraarpaar.

Maar nou wag ‘n nuwe uitdaging op hom en sy vrou, San-Mari. Vroeër die jaar, is dominee Anton beroep na ‘n gemeente in die Oos-Kaap en so twee maande gelede het hulle besluit om dit te aanvaar. Die Oos-gemeente groet dus einde April die egpaar wat diep spore in die gemeenskap se harte getrap het en ‘n leemte laat in die gemeente.

Lees ook: LETTER: Why do you go to church?

Ds Anton Ferreira en sy vrou San-Mari gedurende hul bevestiging in 2003. Foto: Verskaf.

“Die gemeente is besonders veerkragtig en is deur verskillende uitdagings en veranderings, maar het altyd weer opgestaan. Dit was opmerklik hoe die gemeente deur vorige terugslae sterker geword het. Hulle het geleer dat hulle ‘n kerk van Jesus Christus is en dat mense foute maak en ander mense teleurstel, maar dat God sy kerk altyd in stand hou en laat voortgaan, solank die gemeente se oë op Hom gerig bly.”

Ds Anton spreek die seën oor die gemeente uit. Foto: Verskaf.

Dominee Anton en die kerk het in die afgelope twee dekades groot mylpale bereik. Hy noem dat dit wonderlike was om op die sterk kinderbediening wat hy help vestig het te kon voortbou en dit verder uit te bou.
Hy is ook baie trots op hul wêreldbiddag-vennootskap met Laerskool Kenmare, wat sedert 2010 of 2011 nog elke jaar plaasvind (met die uitsondering van 2021 wat as gevolg van Covid nie plaasgevind het nie).

“‘n Ander wonderlike mylpaal was die stigting van Cura Vitae, ‘n nie-winsgewende maatskappy wat in 2012 tot stand gekom het.”

Cura Vitae beteken ‘Sorg vir die Lewe’, verduidelik dominee Anton, en sê dat die hulpverlening (fisiese en geestelike behoeftes) aan individue, gesinne en die gemeenskap vanuit Cura Vitae na aan sy hart lê. Dit was dus vir hom ‘n voorreg dat hy die laaste seisoen van hul Griefshare-program saam met die 2023 groep kon voltooi.

Ds Anton en sy kollegas, Ds Fralene van Zyl en Ds Marcus Marinus. Foto: Verskaf.

Dominee Anton het op 23 April ‘n spesiale afskeidsdiens gelewer waarna die gemeente en gemeenskap die geliefde leraaregpaar vaarwel geroep het.

“Hy het so baie vir ons gemeente gedoen, maar ook net soveel vir die gemeenskap,” sê sy kollega en mede-leraar, Ds Fralene van Zyl.

Die egpaar sien baie uit na die pragtige Gamtoos-vallei se bekoring en die Oos-Kaapse natuurskoon en weet hul nuwe avontuur sal deur die Here geseën word.

“Ek sien veral uit na nuwe uitdagings; om nuwe dinge te leer en dat my rekkie op nuwe maniere gerek sal word, onder die leiding van die Heilge Gees. Ek sien ook daarna uit om te sien en te hoor hoe my kollegas, die kerkraad en gemeente van Krugersdorp-Oos floreer en groei met nuwe uitdagings wat aan hulle gestel gaan word.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button