Local news

Familielid sedert Februarie vermis

Anton Kruger, 'n hawelose van die Krugersdorp omgewing se familie is dringend opsoek na hom.

Die familie van die vermiste Anton Kruger is ernstig bekommerd nadat hulle in Februarie laas van hom gehoor het.

Sy suster Lelani Visser het aan die News vertel dat die 43-jarige Anton al so vier jaar op straat bly. Sy het altyd geweet waar hy is deur mense wat haar geken het en haar dan laat weet het as hulle hom sien.

Lees ook: How to report a missing loved one to the police

Anton Kruger se tatoeƫermerke.

Hy het gereeld tussen Germiston, Randfontein, Silverfields en Cradlestone Mall beweeg en hou van rondloop.

Lees ook: Missing Krugersdorp man found unscathed

Die laaste keer wat hulle van Anton gehoor het was in Februarie toe hy by sy suster in Germiston was, hy het ook op daardie stadium gekla oor sere aan sy arm en lies wat dit moeilik gemaak het vir hom om te loop en rond te beweeg.

Lelanie het vertel dat hulle wel vermoed dat hy in die Krugersdorp omgewing is. Hulle is dringend opsoek na hom.

Indien jy weet waar Anton se familie hom kan opspoor of hom dalk in die omgewing gesien het skakel vir Lelani by 072 596 4957.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button