Local news

AfriForum bederf vroue by tehuise vir Moedersdag

Die moeders van die Jack Cotton-, Pioneer- en President tehuise is met ’n ete en ’n geskenk bederf vir Moedersdag danksy AfriForum en kie.

AfriForum se Krugersdorp-tak het talle vroue by die Jack Cotton-, Pioneer- en President tehuise met ’n ete en ’n geskenk bederf vir Moedersdag.

Vir baie van dié vroue is dae soos hierdie moeilik en eensaam aangesien hul kinders soms ver woon. Daarom het die tak besluit om die dag vir die bejaardes spesiaal te maak. Die geskenke is gegee om al die moeders te wys dat hulle gewaardeerde lede van die gemeenskap is en dat hulle nie vergete is nie.

Die Krugersdorp-tak bedank diegene wat die dag met hul bydraes hierdie geleentheid moontlik gemaak het.

“Dankie Angela Snyman, Karen van Karen Lambert Rekenmeesters, Neal Davis van Ouklip Slaghuis, Johan Reyneke van Mogale Gaz en Quinton Brink van Brink’s Panelbeaters.

“Ons bedank ook raadslede Trudie Naude wat toestemming gekry het om die aksie by die tehuise te hou en Amy Steyn wat dit bygewoon het. Die tak wil ook die inwoners van die betrokke tehuise bedank vir hul tyd en liefde,” sê Stephanus Blignault, die distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

“Dit is belangrik dat ons ons senior burgers wys dat hulle nog belangrik is en dat ons hul nog nodig het. Ek wil ook die bestuur, patrolleerders en jeug van AfriForum se Krugersdorp-tak bedank vir hul tyd om die dag vir die vroue spesiaal te maak,” het Stephanus afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button