Local news

Mense met niks verloor alles in vroë oggend vuur

'n Brand in die vroeë oggendure van 21 Junie by die informele nedersetting op die Krugersdorp-Wes tennisbane het veroorsaak dat vier tente uitbrand en die inwoners al hul besitting verloor.

Dit was net met genade en hulp van ander dat inwoners, insluitend ‘n agt weke oue baba, van die tentkamp op die Krugersdorp-Wes tennisbane se lewens onlangs gespaar is.

Op 21 Junie het een van die inwoners wakker geword omdat sy nie lekker gevoel het nie en het haar en haar kêrel se tent verlaat om ‘n bietjie vars lug te skep. Haar kêrel, Dushie Smit (36), het aan die Krugersdorp News vertel dat hy wakker geskrik het en hoor hoe sy meisie skree dat almal brand. Dit was om en by 04:30 die oggend.

Donovan du Randt wys wat hy en sy vriend oor het nadat hulle alles verloor het. Foto: Natasha Pretorius.

Lees ook: Nie goddeloos nie maar net moedeloos

Smit het dadelik sy meisie se baba vir haar aangegee en hulle is spoedig daar weg.

“Daarna het ek die mense probeer help om die vuur te blus met komberse en emmers water, maar dit was te laat, die bome het ook begin vlam vat,” het hy vertel. Hy en sy meisie het probeer red wat hulle kon maar baie van hul klere, hul identiteitsdokumente en ander besittings is verwoes in die brand.

Die muur waar die tente gebrand het. Foto: Natasha Pretorius.

Die tent wat oorspronklik aan die brand gesteek het was dié van Donovan du Randt en sy vriend. Du Randt het aan die News vertel dat hy saam met een van sy vriende in die tent bly al vandat die kamp gestig is. Daardie aand het sy pa ook by hulle kom slaap. Hulle het ‘n vuurpit gehad, maar Du Randt beweer dat hulle hom met bakstene toegepak het sodat dit veilig is.

Donovan du Randt wys wat hy en sy vriend oor het nadat hulle alles verloor het. Foto: Natasha Pretorius.

Hulle plekkie het uit drie tente en twee gazebo’s bestaan. Du Randt se vriend het daardie oggend nog buite by die vuurpit gesit en toe hy omkyk sien hy die tent brand. Hy het vir Du Randt en sy pa net betyds wakker gemaak want toe was die tent al klaar vol rook.

Wat oor is van Ashley Joseph se besitting. Foto: Natasha Pretorius.

Du Randt noem dat hulle vermoed dit nie die vuurpit was wat die brand veroorsaak het nie want die vlamme het aan die agterkant van hul tent, weg van die vuurpit, begin.

Lees ook: Man oorlede by tennisbane se tentkamp

Die twee vriende het alles in die brand verloor. Du Randt sê toe hy uit die tent is, het hy gesien hoe die papierbasdoring bome reeds brand en het toe gehaas om ander mense wakker te maak en hulle te probeer help om hul besittings te red.

Die papierbasdoring bome wat bo oor die tente pronk het ook vlam gevat. Foto: Natasha Pretorius.

Tussen Du Randt en Smit het die 23-jarige Ashley Joseph gebly. Sy is so vier maande al deel van die kamp en vertel dat almal net begin help het om haar besittings te gryp om te keer dat dit brand. Sy het ongelukkig alles insluitent haar tent verloor en met die News se besoek later daardie middag was sy reeds besig om skoon te maak om te herbou.

Die laaste tent wat skade gekry het was van die 42-jarige Emily Sediba. Sy en haar vriendin het langs Smit en sy meisie gebly en noem toe sy wakker word het sy vir haar vriendin geskree dat hulle die toue moet begin los sny om hul besittings van die vuur af weg te kry.

Donovan du Randt wys wat hy en sy vriend oor het nadat hulle alles verloor het. Foto: Natasha Pretorius.

Volgens Sediba was die brandweer baie vinnig op die toneel en het hulle gekeer dat die brand verder versprei.

“Ons lewe en die babatjie lewe nog, partykeer moet die goed gebeur,” het sy gesê nadat sy vertel het hoe sy ook baie van haar besittings verloor het.

Teen Woensdagmiddag het ‘n weldoener reeds matrasse en komberse geskenk wat die inwoners kon deel vir die aand. Maar baie van hulle het nie tente om in te slaap nie.

Indien jy ‘n skening wil maak kan jy vir Cindy kontak by 067 108 2736.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button