Local news

Padteken-projek: Munisipaliteit stop AfriForum in hul spore

AfriForum se plan om Krugersdorp 'n beter dorp te maak en kinders se padveiligheid te verseker is in die wiele gery.

Die span van AfriForum Krugersdorp het onlangs besluit dat hulle die dorp ‘n beter plek wil maak.

Na hulle slaggate gevul en brandkrane nagegaan het, het hulle hul visier op die padtekens rondom skole gerig. Ongelukkig kon hulle nie die broodnodige projek voltooi nie.

Op 15 Julie het hulle beplan om, in samewerking met die DA en Vryheidsfront Plus, die padmerke en strepe by Laerskool Ebenehaeser en HTS N Diederichs THS te gaan verf. Maar voordat hulle te ver kon kom, het ‘n Mogale City Publieke Veiligheidsbeampte die projek in die wiele gery en die span van byna 22 vrywilligers moes hulle werk stop aangesien hulle nie die nodige toestemming gehad het nie.

“Die span vrywilligers is na bewering met arrestasie gedreig indien hulle sou voortgaan. Ná gelang hiervan is die projek gestaak,” het ‘n verklaring van AfriForum se mediaskakelbeampte, Ischke van Eeden, verduidelik.

• Lees ook: Meer as 20 brandkrane getoets

Pieter Joubert, tesourier van die Krugersdorp-tak het gesê, “Ons span is teleurgesteld dat ons nie die projek kon voltooi nie, aangesien dit ’n projek tot voordeel van die gemeenskap en ons skole is. Ons is egter vasberade om voort te gaan met soortgelyke projekte en sal poog om die munisipaliteit se samewerking te kry. Dit sal ons wel nie keer om projekte van stapel te stuur daar waar die munisipaliteit faal om die nodige dienste te lewer nie.”

Vrywilligers verf die padmerke rondom skole.

Stephanus Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand, bly egter positief en het gesê, “Ons wil graag alle betrokkenes bedank vir hul bydraes en ondersteuning by hierdie projek en waardeer die samewerking en entoesiasme van al die vrywilligers wat deelgeneem het. AfriForum se Krugersdorp-tak is trots op die werk wat reeds gedoen is en die positiewe impak wat dit op die gemeenskap het. Ons nooi al ons lede en die breër gemeenskap uit om saam met ons te werk en die volgende projek met hernude entoesiasme aan te pak. Die AfriForum-tak bly gedrewe om ’n positiewe verskil in die gemeenskap te maak.”

Die Mogale City Plaaslike Munisipaliteit het terugvoer gelewer oor hoekom die projek stopgesit is. Hulle het in ‘n verklaring verduidelik dat padtekens wat op ‘n publieke pad aangebring word moet aan die Suid-Afrikaanse padverkeersteken handleiding voldoen. Hierdie handleiding spesifiseer die grootte, spesifikasies and kwaliteit van die materiaal wat gebruik moet word. Publieke Veiligheid moet dus eers geraadpleeg word en die nodige toestemming gee voordat enige werk gedoen kan word. Hulle moet verseker dat bestaande padmerke nie nietig gemaak word nie en dat werk binne die riglyne gedoen word.

“Om ‘n voorbeeld te gee van hoe belangrik die is, stel jou voor ‘n ongeluk vind plaas as gevolg van veranderde padtekens. Dit kan die ondersoek na ‘n ongeluk erg belemmer. Hierdie en soortgelyke werk kan net deur die betrokke owerhede naamlik Publieke Veiligheid gedoen word.”

Die verklaring het verduidelik dat wanneer padtekens geverf word moet dit gedoen word deur ‘n diensverskaffer wat opgelei is vir die werk. Werk wat dus gedoen word sonder toestemming en die nodige maatreëls kan regsgevolge hê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button