Local newsSchools

Monnas-leerders presteer in verskeie sportsoorte

Hierdie Monnas leerders het hulself goed van hul taak gekwyt in die verskeie sportsoorte waaraan hul onlangs deelgeneem het.

Leerders van Hoërskool Monument High doen nie ‘n ding half nie en ‘n hele groep leerders het onlangs in verskeie sportsoorte uitgeblink.

• Netbal:

Lene de Bruyn is uitgenooi om in Australië te gaan deelneem as deel van die Suid-Afrikaanse o19 aksie netbalspan.

Lene de Bruyn.

• Rugby:

Drie rugby manne van Monnas het hul staal gewys en die vrugte daarvan gepluk tydens die seisoen. Jacques Botha en Ceano Everson is gekies vir die o18 Suid-Afrikaanse proefspan terwyl Ulrich van der Westhuizen die Suid-Afrikaanse o18 rugbyspan behaal het.

Alejandro dos Ramos will be traveling to Spain as part of the SA Bokkie Week rugby team.

Jacques Botha, Ulrich van der Westhuizen en Ceano Everson.
Alejandro dos Ramos.

• Ringbal:

Monnas se Jaydlin Grobler het in Julie saam met die o20 Suid-Afrikaanse dames ringbalspan in Pretoria deelgeneem. Sy speel doel.

Jaydlin Grobler.

• Hockey:

Hannah Quinton from Monnas made the U17 South African hockey team and went to Bloemfontein during the July holidays for performance training.

Hannah Quinton.

• Perderuiter:

Marne Lombaard het Gauteng tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe by Kyalami Park verteenwoordig. Sy het ‘n eerste plek losgeslaan.

Marne Lombaard.

• Judo:

Keegan Marais took part in the South African Judo Championships in Port Elizabeth in July.

Keegan Marais.

• Atletiek:

Marceghlle Wakefield en Keegan Nel het aan verskeie kampioenskappe deelgeneem. Alhoewel hy ‘n tweede plek behaal het in die 1 500m tydens die Sentraal Gauteng Kampioenskappe het Marceghlle ‘n eerste plek losgeslaan tydens die SA Skole Kampioenskappe. Keegan het by die SA Klub Kampioenskappe ‘n sesde plek in gewigstoot behaal en by die SA Skole Kampioenskappe ‘n vyfde plek.

Marceghlle Wakefield en Keegan Nel.

• Angling:

Connor Padoa and Pedri Britz made it big in angling recently. Connor was captain of the Immediate Deep Sea U19 team who finished first during the South African Championships and Pedri took part in Artlure Angling finishing second at the South African Championships. He has also been invited to join the Junior Protea team at the World Games in Ireland in 2024.

• Skyfskiet:

Connor Padoa is genooi om hierdie maand aan die 19th World Cup Compak (kleiduif skiet) in Psachna in Griekeland te gaan deelneem.

Connor Padoa.

• Ander:

Tianette Wessels het onlangs aan die Dance World Cup in Portugal deelgeneem waar sy die top 40 behaal het.

Tianette Wessels.

Mecaylin van Heerden het in Oktober verlede jaar aan Talent Africa deelgeneem en die top 30 behaal.

Mecaylin van Heerden.

Sharica Bondesio het vroeër vanjaar aan die Suid-Afrikaanse Danskampioenskappe in Pretoria deelgeneem en die top 6 behaal.

Sharica Bondesio.

Dian van der Westhuizen het tydens die Gauteng Danskampioenskappe ‘n allemintige sewe eerste plekke verwerf en twee eerste plekke losgeslaan tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe. Maar dis nie al nie. Hy het ook twee eerste- en twee tweede plekke behaal by die South African Dance Teachers Association-kompetisie.

Dian van der Westhuizen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button