Huis Nehemia vier hul sukses
Na 'n lang gesukkel is CCCO se Huis Nehemia uiteindelik geopen. Die geleentheid was propvol dankbaarheid gevier.
Die kinderhuis Cross Connect Community Outreach (CCCO) het onlangs ‘n bederf-geleentheid aangebied vir almal wat gehelp het om hul Huis Nehemia-droom te bewaarheid.
• Lees ook: Huis Nehemia nou geregistreer en reg om kwesbare kinders in te neem
Huis Nehemia is deur die organisasie geopen en huisves 30 kinders wat uit slegte omstandighede kom en nie ‘n ander heenkome het nie. Die huis is opgestel om vir sulke kinders ‘n familie te wees in ‘n omgewing waar hul tuis voel en te verseker dat hulle gelukkige en gesonde kinders is.
Dit was wel ‘n lang pad om dié droom te bewaarheid, maar op 30 Augustus het hulle uiteindelik hul offisiële opening vir die huis gehou en ook al die mense wat dit moontlik gemaak het uitgenooi om by hulle aan te sluit.
Kyle Tolman, die stigter van die organisasie, het verduidelik dat hulle diegene uitgenooi het wat ‘n verskil gemaak en hul gehelp het tot waar hulle nou is.
• Lees ook: Golfing around for a good cause
Dit was ‘n viering van ons huis en wat die Here tot dusver vir ons gedoen het.”
Val hul borge het selfs van Kanada gekom om die opening by te woon. Jim en Cathy Cantelon se ondersteuning van die organisasie het ‘n groot rol gespeel om te verseker dat die organisasie hul huis kon koop.
“Die aand was ‘n wonderlike sukses. Ons het saam gekuier en gelag en teruggedink oor alles.”
