Local newsSchools

Ebies raak bietjie Bok-mal!

Met die Springbokke tans in aksie by die wêreldbeker in Frankryk het Laerskool Ebenhaeser besluit om hul ondersteuning op 'n spesiale manier te wys.

Laerskool Ebenhaeser het onlangs hul liefde vir hul gunsteling rugbyspan op ‘n spesiale manier gewys toe hulle ‘n Bokdag gehou het.

Natuurlik moes die leerders hulle liefde vir die Springbokke wys deur hul gunsteling Springbok-ondersteunersdrag te dra maar die pret het nie daar gestop nie. Die skool het ook groen pannekoek op die dag verkoop sowel as heerlike springmielies.

Wim Keet eet lekker springmielies.

Later die dag het die onderwysers en eerste rugbyspan opgedeel om twee spanne te vorm en ‘n harde wedstryd van raakrugby teen mekaar gespeel.

Jessica Botha is ‘n groot Bok ondersteuner.

Een van die hoogtepunte van die dag was ‘n skattejag waaraan die kinders kon deelneem. Die skool het dan gesigfoto’s van Springbok-kaptein Siya Kolisi weggesteek en die leerders moes deur die skool loop en soveel gesigte moontlik vind. Die leerder wat die meeste gesigte gekry het, het dan ‘n geskenkpakkie gewen.

Mida Keet en haar Bok ondersteuner span.
Die voorportaal is ook opgemaak vir die Springbokke.

Daar is ook ‘n rugbybal op die spel gewees vir die leerder met die meeste Springbok-gees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button