Proties ryg die Raca-toekennings in
Laerskool Protearif leerders het die toekennings ingeryg tydens vanjaar se Raca-kompetisie.
Die kultuur-leerders van Laerskool Protearif het seker gemaak almal weet wie hulle is nadat talle uitgeblink het tydens Raca 2023.
Om te begin het Mikayla Montgomery, Mika-Juls Harber en Mikayla Visser ‘n diamant-toekenning vir toneel met dialoog losgeslaan.
By die graad R’e het Amé Scheepers die Afrikaans onvoorbereid kategorie gewen en Kyrah Woest die Afrikaans onvoorbereide lees-kategorie.

Lené van der Merwe (graad twee) is die kategorie-wenner vir klank solo met begeleiding van haar eie keuse terwyl Zander Jordaan die kategorie-wenner is vir ongedramtiseerde poësie in Afrikaans. Mika-Juls was ‘n kategorie-wenner vir Afrikaanse redenaars (graad vier) asook fotografie (swart en wit/ kleur) terwyl Dané de Waal ‘n sertifikaat behaal het vir klank solo met begeleiding van haar eie keuse.

Verder was Izé Jordaan die kategorie-wenner vir klank solo met begeleiding, asook klank solo met agtergrond musiek kontemporêr. Este-Marie Eveleigh was die kategorie-wenner vir gedramtiseerde poësie in Afrikaans.

EJ Hattingh in graad ses het dan vir beeldkuns ‘n sertifikaat ontvang terwyl Annabelle Blignaut ‘n sertifikaat ontvang het vir klank solo met agtergrond musiek.

Laaste maar nie die minste nie het Leane Els, graad sewe, ‘n sertifikaat ontvang vir klank solo met eie begeleiding met Gabriella Nortje, nog ‘n graad sewe leerder, wat as die Vinati Eisteddfod-wenner weggestap het.

