Local news

Petrolkan-ongeluk: Plaasseun (9) steeds in hospitaal ná hy erg brand

Familie sê die negejarige Arno Geldenhuys wat erg brandwonde opgedoen het is steeds in die intensiewesorgeenheid en gaan hy heel moontlik ‘n rolstoel benodig.

Die Geldenhuys-gesin doen alles in hul vermoë om die nodige behandeling en fondse te kry vir die 9-jarige Arno.

Arno het ernstige brandwonde opgedoen as gevolg van ‘n petrol-insident in Tarlton. Hy is sedert 1 Desember in die hospitaal.

Sy ma, Bernadette Geldenhuys, het verduidelik hul tuinwerker het grasgesny toe hy ‘n leë voëlnes opmerk. Hy het op ‘n leer geklim en dit afgehaal. Dit was toe Arno die nes aan die brand gesteek het dat die 5-liter petrolkan ook vlam vat.

“Arno het geskrik, die kannetjie opgetel en probeer weggooi maar toe spat die petrol oor hom uit. My man het die brandende klere afgeruk en vir Arno dadelik in die bad gaan afspoel. Ons het toe na ‘n privaathospitaal in Randfontein gejaag.”

By die hospitaal was daar ongelukkig nie ‘n brandeenheid nie en is die familie na ‘n staatshospitaal in Krugersdorp verwys.

Volgens Bernadette was Dokters bekommerd oor Arno se hart. Hy het ook erg ontwater. Hulle het vir Arno geskraap en op ‘n ventilator geplaas. Met hul geliefde seun in ‘n mediese koma moes die Geldenhuys-gesing wag vir ‘n intensiewesorgeenheid-ambulaans voordat hy na ‘n ander staatshospitaal in Johannesburg geneem toe kon word.

Bernadette voeg by dat Arno drie keer ‘n week teater toe gaan en is daar intussen vasgestel dat hy aan 40% brandwonde ly, sewe tipes infeksies wat septisemie insluit asook met longonstekking gediagnoseer is.

Arno in die hospitaal. Foto ingestuur.

“Hy is op ‘n ventilator in die aand en kort ook hulp om asem te haal in die dag. Hy het baie nagmerries en het ‘n psigiater vir Arno spesiale medikasie voorgeskryf.

Dokters is bekommerd oor hom en is hy nog nie uit gevaar uit nie.

“Ek en my man, Arno se twee boeties, ouma’s en oupa’s baie stukkend. Ons is regtig uitgeput want een dag sal dit goed gaan en volgende dag gaan dit sleg.”

Wanneer Arno uitkom gaan hy moontlik ‘n rolstoel benodig maar daar is hoop en is daar reeds talle engele wat hom probeer help.

Een van hulle is Leonie Posthmus van Healing Hearts en volgens Bernadette help die organisasie besonders baie soos om bv weekliks kruideniersware in te samel. Skakel gerus vir Leonie by 082 350 9649 indien jy ‘n bydra wil maak.

Arno is ook ‘n kranige rugbyspeler. Foto ingestuur.

Arno se lys van benodighede is ook lank en behalwe vir ‘n rolstoel gaan hy verbande en dies meer kort. Hy wys ook tekens van depressie. Die familie het dus ‘n BackaBuddy-blad gestig waar donasies gemaak kan word. Die algehele teiken is R250 000. Besoek die blad hier.

“Ons het nog ‘n lang pad van herstel wat voorlê en die diëtkundige het vir ons gesê Arno gaan vir ten minste ‘n jaar lank op ‘n hoe proteïne en energie-dieët wees.

Dit is nou al 31 dae wat hy in die intensiewesorgeenheid is en ons het ‘n moeilike Kersfees gehad sonder hom maar ons het vir Arno darem wakker gesien daardie dag. ‘

“Ek wil net graag dankie sê vir almal wat vir Arno bid. Baie dankie vir die gemeenskap, Healing Hearts, die Hero Burn Foundation, Laerskool Protearif en elke persoon wat ‘n bydra gemaak het.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button