Local news

Vierdestraat nou skoner danksy gemeenskap

Vierdestraat is bekend vir onder andere onhigïeniese toestande en dwelmtoebehore wat oral rondlê. Die gemeenskap het toe besluit om iets hieromtrent te doen danksy 'n massa-skoonmaakveldtog.

Die gemeenskap het verlede week saamgetrek en ‘n massa-skoonmaakveldtog geloots in Vierdestraat.

Op Vrydagaand, 12 April het ongeveer 110 lede van AfriForum, die brandweerdiens, Friends of Emergency Services, die Sektor 3 GPF en Mogale se Publieke Veiligheid bymekaargekom met die doel om ‘n veiliger en skoner omgewing te skep.

Piet Sparks agter op ‘n watersleepwa.

Die wat betrokke was het die gedeelte van Vierdestraat tussen Victoria- en Kingdonstrate (asook die aangrensende hoeke) met chemikalieë ontsmet, daarna met besems geskrop en toe met water afgespuit.

Volgens Mark Trump, raadslid en organiseerder van die veldtog, vind hierdie so twee tot drie keer per jaar plaas.

“Die idee is juis om publieke belang te skep en higiëne te bevorder. Ons dank die gemeenskap en hul bydrae en dat die werk voluit gedoen word,” het Trump gesê.

Die gemeenskapslede wie by die skoonmaakveldtog betrokke was.

Hy het bygevoeg die skoonmakers het baie menslike afval verwyder en daar was selfs vier gebruikte naalde, wat vermoedelik deur dwelmverslaafdes gebruik is.

Hy voeg by dat Bonanza SPAR in Vierdestraat selfs koeldrank vir almal geskenk het. Die veldtog het om en by twee tot drie uur geduur.

 
Back to top button