Local news

Jeug slaggereed om hul stem dik te maak

Meeste van die jeug het aangedui dat hul kruisies by die stembusse wel 'n verskil kan maak.

Die Krugersdorp News het die jeug genader wat op 29 Mei vir die eerste keer gaan stem en gevra of hul dink hul kruisie ‘n verskil gaan maak.

Wayne Swanepoel, ‘n ingenieurswese student.

“Ja, my kruisie gaan beslis ‘n verskil maak! As meer van die jeug, veral mense wat die eerste gaan stem met die opkomende verkiesing dieselfde denkwyse gehad het, sou dit ‘n reuse verskil gemaak het. Die kan direk verband hou met die verskil wat dit kan maak, as mens na die statistieke gaan kyk na die hoeveelheid jeug wat wil stem. Baie mense het die mentaliteit dat die regerende party elkgeval gaan wen, dis hoekom jy moet gaan stem. Al veroorsaak jou stem dat ‘n ander party een sitplek gaan kry, het jy ‘n verskil gemaak,” het Wayne Swanepoel gesê.

“Ek twyfel dat my kruisie ‘n verskil gaan maak. Ek glo die stemproses is opgetuig in die regerende party se guns. Ek hoop dat my generasie kan besef dat die land baie agteruit gaan, en dat ons iets daaraan kan doen,” het Danyal van der Schyff gesê.

Thato Molale, ‘n matriekleerder.

“Ek dink my kruisie kan ‘n verandering maak, maar dit sal ook nie, as gevolg van die ouer generasie. Dit is omdat hulle lojaal is aan die party waarvoor hulle stem, en as gevolg van daardie lojaliteit vir niemand anders sal stem nie. Die jeug is ook verward oor vir wie hulle moet stem omdat die meeste van hul bronne vir antwoorde van sosiale media verkry word,” het Thato Molale gesê.

Zander Ladeira, ‘n aktuariële student.

“My kruisie gaan defnitief ‘n verskil maak. Baie van die jeug wat vir die eerste keer stem voel dat hulle stem geen verskil sal maak nie, maar hoe meer mense so voel, hoe groter verskil gaan dit maak in die resultate. So as meer mense kan stem sal dit vir seker ‘n verskil maak,” sê Zander Ladeira.

Wian Jordaan, ‘n matriekleerder.

“Ja ek glo my kruisie gaan ‘n verskil maak, want ek voel ek wil my demokratiese reg uitleef deur my stem uit te bring. Ek voel ook dat as ek nie stem nie, het ek nie ‘n reg om oor enige diensverskaffing ‘n opinie te hê nie. Elke stem is belangrik want dit lei tot ‘n meer demokratiese sisteem,” sê Wian Jordaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button