Inwoners deel hulle herinneringe oor hul eerste demokratiese stemdag van 1994

Mense deel hoekom hulle in die verlede gestem het, en hoekom hulle nou weer gaan stem.

Die Krugersdorp News het die strate ingevaar om uit te vind hoekom mense in 1994 gestem het, en hoekom hulle nou stem.

Martin Mans.

“Destyds was ek nog ‘n jong man in die weermag. Ons het nie veel van politiek geweet nie en het maar gestem omdat dit van ons verwag word om te stem. Vandag stem ek vir verandering in die land. Ek hoop my kruisie gaan ‘n verskil maak en dat daar ‘n omkeur in ons land kan plaasvind,” sê Martin Mans.

“Die rede hoekom ek in 1994 gestem het was om dankie vir Mandela te sê vir al die jare wat hy in die tronk spandeer het en vir sy belangrike rol vir demokrasie in Suid-Afrika. Vandag wil ek dinge in ons land regstel. Daar is te veel korrupsie. Dit maak my vreeslik hartseer om al die slegte dinge in die nuus te sien. Ek stem vir verandering. Dit sal my gelukkig maak om weer goeie nuus te sien,” sê Peter Molepo.

Len de Beer.

“Ek het destyds gestem vir verandering, anders sou ons land in die moeilikheid wees. Ek gaan die jaar stem om my demokratiese reg uit te oefen. Hopelik sal ons ‘n goeie leier kry om ons land beter te bestuur,” sê Len de Beer.

Marinda van der Berg.

“Ek het in 1994 gestem vir ‘n beter lewe en toekoms vir my kinders. Die keer stem ek vir my kleinkinders, sodat daar ‘n veiliger en beter toekoms vir die land is,” sê Marinda van der Berg.

Grace Seele.

“Back in 1994, I voted for Mandela. I voted for freedom in our country. This year, I am going to vote for change once again. The current government is not working for this country, they are not doing what they should,” said Grace Seele.

Exit mobile version